Curriculum
vitae: Tokkie van Deventer
ESINA
SUSARA VAN DEVENTER (NéE VAN WYK)
is op 15 Maart 1946 op Bultfontein gebore.
Sy
slaag in 1963 matriek aan die Hoërskool Bultfontein en verwerf in
1965 die Primêre Onderwysdiploma aan die Bloemfonteinse
Onderwyserskollege.
Sy
slaag in 1963 die Finale Klaviereksamen (graad V111) van Unisa met
eervolle vermelding.
Sy
is tussen 1959 en 1963 ‘n gereelde uitblinker op die Bloemfonteinse
Kunswedstryd waar sy met haar klavierspel talle A-simbole verower. Sy
tree op as orreliste van die NG gemeente Bultfontein.
Sy
verteenwoordig haar skool op die tennisbaan en in sy volkspelegroep.
Sy
tree op 31 Desember 1966 in die huwelik met Hennie van Deventer,
destydse hoofsubredakteur van Die Volksblad in Bloemfontein.
Sy
is van 1987 tot 1994 organiseerder van Die Volksblad se bekende
Kunsmark – in ‘n stadium die grootste in sy soort in die land. Vir
haar bydrae ontvang sy in 1988 ‘n Aanprysingsertfikaat van die
Bloemfonteinse stadsraad en in 1989 ‘n medalje vir
gemeenskapsbetrokkenheid van die Bloemfonteinse
Publisiteitsvereniging.
‘n
Wandelpaadjie in die C.R. Swartpark, tuiste van die Kunsmark, word ter
ere van haar in 1995 Tokkielaan gedoop.
Sy
bedryf van1991 tot 1994 ‘n karaktervolle geskenkwinkel, Tokkie, in
die Mimosa Mall, Bloemfontein, met gereelde klante uit Johannesburg,
Lesotho en selfs Kanada.
Sy
dien in die jare tagtig as verteenwoordiger van die
Oranje-Vrouevereniging in die bestuur van die Ons Tuiste-tehuis en die
Bloemfonteinse Verkeersveiligheidsraad.
Sy
is in daardie tyd lid van twee Bloemfonteinse vroueklubs: die Nellie
Swartklub en die Ladies 100.
Sy
is die moeder van een
seun, Johan (34), en een dogter, Marisa (29), en die ouma van
tweeling-seuns, Jacob en Thomas Claassens, wat op 26 April twee jaar
oud word.
Haar
moeder, Marietjie van Wyk (92), gaan by haar tuis. Haar vader,
Kotie, het haar reeds op die ouderdom vier in 1950 ontval.
|