VERSIES
VIR TOKKIE
Sondag
in die kerk
Kersie,
granaat of ryp waatlemoen,
Rooi bly ‘n kleur wat iets aan jou doen;
Tooi jou in rooi, my rooibloedvrou,
Om my vir altyd aan jou voete te hou.
Marisa
se troudag
Daardie
bekoorlike vrou –
is sy die ma van die bruid?
Sy is die bruid van
Die pa van die bruid,
Roep ’n ou gryse
Pronkerig uit.
Uit
Oumens-drome (Polisie, Polisie, Ons Reënboog is geroof!)
Maar
my nooi van Bultfontein,
vir haar het ek nou goed getryn
(of sy vir my, ek sal nie stry)
ek sê net aldag dankie, Heer,
vir lewenslank se samesyn.
’n
Spesiale ouma - ’n
Versie vir Tokkie
op 26/4/2004
Oumas
moet kan kook en brei,
Party kan ook nog lekker vry;
’n Vet lot is al oor die muur,
my
eie is vol vuurplesier.
|