|
Rare
reptiele
Verkleurmannetjies
Suutjiestrappers van heinde en ver
Hulle kom van Suid-Europa en
Arabië tot in Suid-Afrika voor, ook in Indië, Madagaskar en die
Seychelle... ’n bonte versameling van trapsuutjiese, wat selfs
nog bonter kan word wanneer hulle kleur op kleur kry...

BO: Meer as 160 trapsuutjies-spesies is bekend, wat in nege
genera ingedeel word. Hier klou ’n mannetjie van die eienaardige
Jackson se kameleon (Chamaeleo jacksonii) aan ’n paar
menslike vingers. Jackson se kameleon, wat inheems in
Oos-Afrika is, word soms ook die driehoring-kameleon genoem omdat
die mannetjies drie duidelike horings aan die kop het—wat hulle
soos bisarre oerdiertjies laat lyk. Anders as die meeste
trapsuutjiese wat eierlęend is, bring die wyfies van Jackson se
kameleon hul kleintjies lewend in die węreld. Soos ander trapsuutjiese het
hierdie spesie ook twee oë wat onafhanklik van mekaar kan beweeg
om hul węreld tegelyk aan alle kante te bespied.
Foto:
Jay
Gunn, met
spesiale vergunning aan Mieliestronk.com. ’n Besoek aan sy
webwerf,
Jays Animal Encounters,
word
aanbeveel.
|
|
Teks deels uit
Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
IE skurwe kęrel staan roerloos die vlieg
en betrag. Selfs sy twee liederlike puil-oë, wat elkeen sy eie koers
kan inslaan en onafhanklik van mekaar in hul kaste kan ronddraai, is
nou windskeef gevries. Boonop lyk die stil figuur kompleet soos die
ruwe boomtak waarop hy hom tuis gemaak het. En die insek daar op die
blaar, net ’n handbreedte van hom af, sal nooit weet wat hom getref
het nie.
Want meteens skiet die beweginglose klein reptiel sy klewerige
tong uit. Waps! Die vlieg word gevang. Dan ingekatrol na die
roofdiertjie se bek. Dit
gebeur alles so blitsig dat die stomme vlieg nie eens sy skok en misnoeë
gonsend kan uitbasuin nie.
Maar net so vinnig as wat die jagter sy prooi kon looi, net so
loodswaar en stadig stryk hy nou weer aan oor die boombas na ’n nuwe
uitkykpos tussen die lower... om ’n ander insek te vang en ook
daardie
happie onseremonieel vir brekfis te verslind...
Met sy trae harmansdrup-manier van loop is dit nie verniet dat hulle hom
die trapsuutjies noem nie. Sy ander naam is verkleurmannetjie. ’n
Derde naam is kameleon, en hy hoort natuurlik tot die akkedisse.
DIE benaming verkleurmannetjie het die trapsuutjies te danke aan sy
vermoë om van kleur te verander. Sy ruwe vel is dkwels ’n dowwe
bruingroen, maar die kleur kan verander wanneer hy skrik of in
antwoord op honger of veranderings in die lig, temperatuur en ander
dinge in sy omgewing. Sulke
kleurveranderings wissel van subtiele verskuiwings in skakerings van
bruin tot ’n merkwaardige samespel van groen, blou, oranje en selfs
ultraviolet kleure wat nie deur die menslike oog waargeneem kan word
nie.
Die kleurverandering word veroorsaak deur hormone wat spesiale
pigment-houdende selle in die trapsuutjies se vel affekteer. Al
hierdie pigmentselle kan hul pigmente vinnig verplaas, wat dan die
kleur van die verkleurmannetjie beďnvloed. Maar sy
kleur verander nie altyd om by sy omgewing aan te pas, soos algemeen
geglo word nie.
|
Nie asvaal
nie, maar skoon swart van die skok |
 |
LINKS: As jy baie geskrik het, sal iemand miskien sę jy
is asvaal of spierwit in die gesig. Hierdie
Mediterreense trapsuutjies (Chamaeleo chamaeleon)
het hom egter totaal swart geskrik—en van kop tot tone
boonop. Of só het hy in
elk geval gelyk nadat hy gered was van honde wat hom wou
doodbyt.
Foto deur
Rick J Pelleg,
wat dit op
hierdie bladsy
in die
Wikipedia-ensiklopedie
op die węreldwye web geplaas en
gelisensieer het ingevolge die
Creative Commons
Attribution ShareAlike 3.0 Unported-lisensie.
Gebruik word vergun mits die eienaarskap behoorlik erken
en dit slegs versprei word ingevolge ’n lisensie wat
verenigbaar
met hierdie een is.
|
Party natuurkenners reken selfs dat die
kleurveranderings help met die sosiale kommunikasie van
trapsuutjiese van dieselfde spesie. Dié reptiele sou naamlik by tye
opvallende kleurpatrone vir ander trapsuutjiese flits, terwyl hulle
op ander tye weer gekamoefleer lyk.
As boombewoner is die trapsuutjies se tone, en selfs sy stert,
spesiaal só gevorm dat hy blare en takkies maklik daarmee kan
vasgryp.
Die ware kameleons is almal
Ou-Węreldse akkedisse wat in Afrika, Madagaskar, Spanje,
Suid-Europa, Arabië, Indië, Sri Lanka en die Seychelle aangetref
word. Hulle wissel in lengte van slegs ’n paar sentimeters tot by
die 70 cm.
Verskeie akkedissoorte in Amerika kan ook van kleur verander, maar
hoewel hulle in die omgang kameleons genoem word, is hulle nie ware
kameleons nie.
 |
Grootste
bielie onder die kameleons
LINKS: Die grootste trapsuutjies op aarde:
Parson se kameleon (Calumma parsonii) van
Madagaskar. Hier is ’n mannetjie van hierdie spesie van
reuse onder die węreld se verkleurmannetjies. Daar is
twee subspesies en die grootste van die twee kan tot
omtrent 70 cm lank word.
Foto: Christopher J.
Raxworthy / NASA |
ONDER die
verkleurmannetjies wat in ons land voorkom, is dié van die
genus Bradypodion (met die betekenis “stadig lopend”), wat soms
gesamentlik Suid-Afrikaanse dwergtrapsuutjiese genoem word.
Een van hierdie groep is die Kaapse dwergtrapsuutjies wat tot die gebied rondom Kaapstad beperk
is. Ander is byvoorbeeld die Drakensberg-, Karoo-, Knysa-,
Transvaal-, Transkei-, Robertson- en Zoeloeland-dwergstrapsuutjiese.
|
|
|
 |
Dwerg van die Kaap
LINKS: Behoorlik deur die blare! ’n Wyfie van die Kaapse
dwerggtrapsuutjies(Bradypodion pumilum).
Foto deur
Michael Wood,
wat dit in die
Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web geplaas en
tot openbare besit verklaar het (“released to the public
domain”).
|
Dit is egter ’n jammerlike toedrag van sake
dat trapsuutjiese in Afrika nie altyd beskerm word nie, maar selfs
deur sekere mense as ongelukbringers beskou en dus uit die weg
geruim word. Maar dit is nie al nie. ’n Aantal
jaar gelede was daar nog heelparty van hulle in ons tuine, sę van
ons voorstedelike mense, maar vandag sien jy selde een.
Huiskatte
speel natuurlik ’n belangrike rol in die uitwissingsproses. Ook die
ondeurdagte gebruik van insektedoders, wat nie net goggas doodmaak
nie, maar ook die nuttige diertjies wat hulle vreet.
Aansluitend hierby sę kenners dat die praktyk om trapsuutjiese as troeteldiere
aan te hou, beslis ontmoedig moet word. Bloot die manier waarop hulle water
drink—deur dou van blare af te lek, pleks van water uit
poeletjies op te slurp—toon dat hulle ekstra-spesiale aandag moet
kry of in gevangenskap sal vrek.
Onthou, pleit die kenners, dat reptiele is nie goeie troeteldiere
uitmaak soos sekere soogdiere en party soorte voëls
nie. Los die verkleurmannetjies dus in die vrye natuur waar hulle na hartelus kan suutjies
trap agter vlieë en ander goggatjies aan.

Gesluierd in die Midde-Ooste
REGS: Die Midde-Oosterse sogenaamde gesluierde kameleon
of Jemen-kameleon (Chamaeleo calyptratus). Hy
word in die bergstreke van Saoedi-Arabië en Jemen in die
Arabiese Skiereiland aangetref.
Krediet:
Pacific
Basin Information Node of the U.S. Geological Survey
|
|
|
En
dan is daar ook die “verkleurmannetjies” wat glad nie
trapsuutjiese is nie...
|
|
 |
LINKS:
Etlike akkedisse wat van kleure kan verander, kom in
Amerika voor, maar hulle is glad nie verwant aan ons
bekende trapsuutjiese nie. Hulle word nogtans dikwels
deur die Amerikaners “chameleons” genoem—en die “green
anole” of “Carolina anole” (Anolis carolinensis) op
hierdie foto staan selfs ook bekend as die “American
chameleon”. Nog ’n eienskap wat hierdie akkedis met die
verkleurmannetjies deel, is dat sy oë eweneens
onafhanklik van mekaar beweeg.
Foto:
Savannah River Site, U.S.
Department of Energy
|
|