ín Laslappie van Mieliestronk

Tandesorg en mondhigiŽne

Moenie dat die toestand in jou mond sů
hand-uit ruk dat tand uitruk nodig raak nie!

ONS tande word bedek deur ín blinkwit stof wat tandglasuur of tandemalje genoem word. Op elke tand is dit ín uiters beskermende deklaag. Dis lank nie dieselfde soort glasagtige emalje wat ín mens op erdewerk sal vind nie. En as ín mens mooi daaroor nadink, is dit ook vir ons baie kosbaarder as die kosbaarste kleinood van porselein.

 

Die tandemalje bedek daardie deel van die tand wat bokant die tandvleis uitsteek, oftewel die kroon van die tand. Die gehalte van jou tandglasuur kan dus bepaal of jy dit kan waag om stralend en oopmond te glimlag... of gedurig verbloemend en ietwat selfbewus agter jou hande te staan en grinnik!
  
Jou tandemalje is die heel hardste stof in jou liggaam, maar dis glad nie onvernietigbaar nie. Om die waarheid te sÍ, as ín mens traak-nie-agtig oor daardie glasuur is, kan dit maklik weggevreet word deur suur wat gevorm word wanneer bakterieŽ op koolhidrate inwerk.

 

Koolhidrate is organiese verbindings soos byvoorbeeld suikers en stysel. Wanneer jy gereeld weglÍ aan, sÍ nou maar,  hopeloos te veel lekkergoed met hul baie suiker, skep jy die teelaarde vir ín hele paar mini-rampe in jou mond.

 

Suikerbeet
Suikerriet
ín Suikerbeetland (LINKS) en suikerrietpluime (BO). Suikerbeet en suikerriet is die twee bronne van die wÍreld se suiker.

Foto's: USDA / ARS

 

 

Dis nie net die emalje van jou tande wat dit gaan ontgeld nie. Die bederf kan uiteindelik deurdring na die brose binnedeel van die tande, na die sogenaamde tandmurg, wat ook die "lewe" van die tande genoem word.

 

As jy jou weer kom kry, is die murg ontsteek en jyít soveel tandpyn dat jy teen die mure wil uitklim. Indien tandbederf eers die murg aangetas het, verswak dit baie vinnig. Die "lewe" kan wel verwyder word om die tand te red, maar baiemaal word verkies dat die gewraakte stukkie smart summier met wortel en al uitgepluk word.

 

Tog is voorkoming natuurlik altyd beter as sulke drastiese maatreŽls. En daarom is dit so belangrik dat jy jou mond se allergrootste vyand moet kenótandplaakóen moet weet hoe om dit te bestry.

 

As die hoofoorsaak van tandbederf (ook genoem tandverrotting of kariŽs) is tandplaak ín taai stof wat aan tande vorm wat nie behoorlik skoongehou word nie.

 

Plaak bestaan uit ou stukkies kos, die afvalprodukte van speeksel en die lewende bakterieŽ in ín mens se mond.

 

Hierdie bakterieŽ is versot op gisbare koolhidrate, met ander woorde die eenvoudige suikers en stysels wat ons eet. Met die afbreking van die koolhidrate word ín suur gevorm wat die tandemalje geleidelik laat wegkalwe sodat ín gaatjie daarin ontstaan. Mettertyd word ook die harde dentien weggevreet, die laag om die murg binne-in die tand. Die gaatjie word nog groter en uiteindelik beland die bakterieŽ in die murg. Eina, toggie, praat van ín mondvol lyding!

 

Maar hoe gooi ín mens dan wal teen sulke bakterieŽ en hul onaangename verwoestingswerk? Anders gestel: Wat kan ek doen om die kiem te striem?
  
Kenners van mondhigiŽne beveel aan dat ons ons tande gesond moet hou deur gereeld stewige kos te kou, kalsiumryke kosse in te neem en daagliks getrou ons tande te borsel en te vlos. Hierdie roetine moet ons eintlik reeds begin aanleer wanneer ons nog baie klein is.

Voorts moet ín mens minstens twee keer per jaar by jou tandarts gaan inloer sodat hy kan kyk of daar nog die gewenste fut in jou gebit is en watter van jou tande miskien herstelwerk nodig het.

Die volgende klompie gulde reŽls wat vir mondhigiŽne nagekom moet wordótensy anders voorgeskryf deur 'n tandartsóword deur medici aanbeveel:

  • Elke liewe keer nŠ maaltyd, sonder uitsondering, moet die mond gespoel en die tande geborsel word.

  • Borsel met sirkelbeweginkiesótwee tande op ín slagómet goeie tandepasta en ín goeie tandeborsel. Tandepasta met fluoried versterk en beskerm jou tande, en as dit sinksitraat bevat, voorkom dit op die koop toe die vorming van tandplaak. ín Tandeborsel met ín klein koppie is ideaal, sodat jy by elke mondhoekie kan uitkom.  As die tandeborsel sagte gepoleerde borselhare met ronde punte het, des te beter.

  • Daaglikse vlos is ook noodsaaklik. Raak ontslae van alle kosreste wat tussen die tande vassit, en spoel jou mond met water telkens nadat jy gevlos het.

  • Eet die regte soorte kosórou groente, vrugte, maer vleis (hoender en vis ), kaas en neute. Lekkergoed en drankies met suiker is so te sÍ taboe, of as dit moet, moet dit uiters, uiters spaarsaam genuttig word.

  • Maak ten minste elke ses maande ín draai by  jou tandarts sodat hy jou tande kan nagaan en betyds kan sien as daar gaatjies is wat gestop moet wordóvoordat dinge dalk hand-uit ruk en tand uitruk nodig word!

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad