’n Laslappie van Mieliestronk |
|
TARZAN DIE AAPMAN en sy skrywer, Edgar Rice Burroughs
DIE verhale van Tarzan, die baie sterk man wat in die oerwoud van Midde-Afrika deur groot ape grootgemaak is, was onder die gewildste stories van die twintigste eeu en is vandag steeds bekend. Talle Tarzan-rolprente is ook vervaardig—selfs ’n animasieprent deur Disney.
Maar wie sou hierdie Tarzan eintlik wees en wie was die skrywer wat hom uitgedink het?
Tarzan die “aapman” is ’n buitengewoon fassinerende karakter. Sy pa was ’n Britse edelman, lord Greystoke, wat deur die Britse regering na ’n kolonie in Afrika gestuur is en deur sy swanger vrou vergesel is. Muitery op die skip dwing hulle egter om aan land te gaan en in die ongenaakbare oerwoud te probeer oorlewe. Die egpaar bou ’n boomhuis waarin hulle woon tot hul dood ’n jaar nadat hul kind gebore is. Die weeskind word deur ’n groot aapwyfie grootgemaak.
Jare later ontdek hierdie oerwoudmens—Tarzan genoem in apetaal—weer die boomhuis. Omdat Tarzan se mensma hom destyds wou onderrig terwyl die egpaar in Afrika sou wees, het sy ouers ook boeke saamgebring en dié is nog in die boomhuis. Tarzan sien dat die boeke prente bevat van wesens wat soos hy lyk. Onder die prente is iets wat eers vir hom soos goggas lyk, maar hy ontdek uiteindelik dat dit mos letters en woorde is. Só leer hy homself lees sonder dat hy eens weet hoe om die woorde uit spreek.
In ’n selfs meer eksentrieke draai in die verhaal sorg Burroughs dat Tarzan met ’n Fransman kennis maak —nie ’n Engelsman nie—en ’n mensetaal aanleer. Self al kan hy dus Engels lees, is Frans die eerste mensetaal wat hy leer praat.
En dan is daar natuurlik Tarzan se heuglike kennismaking en romanse met die mensevrou van sy hart, Jane Porter (“that golden-haired divinity who had come so suddenly and so unexpectedly into his life” ... “ ‘I love you—I love you,’ she murmured” ... “With Jane Porter's kisses still warm upon his lips he was swinging with incredible rapidity through the forest trees”).
Aan die einde van die eerste Tarzan-boek keer hy terug na sy oorlede ouers se Engeland waar hy die titel van lord Greystoke opeis wat hy van sy pa geërf het. En sy adellike hoogheid praat sommer twee mensetale, Frans en Engels. In rolprente is Tarzan dikwels uitgebeeld as ’n minder bespraakte stommerik (“Me Tarzan, you Jane,” sê hy), maar Burroughs het glo nooit van hierdie voorstelling van sy lord gehou nie.
Só het Burroughs vir Tarzan laat praat toe hy Jane gevra het om met hom te trou: “Jane ... I have come across the ages out of the dim and distant past from the lair of the primeval man to claim you—for your sake I have become a civilized man—for your sake I have crossed oceans and continents—for your sake I will be whatever you will me to be. I can make you happy, Jane, in the life you know and love best. Will you marry me?”
• Die volledige boek Tarzan of the Apes verskyn saam met nog 24 ander beroemde boeke in Mieliestronk se Engelse CD-ROM World’s Greatest Classic Stories for Children. Die CD-ROM kos ongelooflik min vir so baie leestof—slegs R99,99 alles ingesluit. Dit kan bestel word deur ’n e-pos te stuur aan dugeot@iafrica.com
•
Besonderhede van
bestelling en betaling sal dan per kerende e-pos aan jou gestuur
word. • Verskillende mense wat al die CD-ROM gesien het, is dit eens dat dit ’n wonderlike feestydse geskenk of verjaardagpresent vir 'n jong kind sal wees—en sommer vir almal wat jonk van hart is.
|
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |