4

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  
 Ons wonderlike voŽls (4): Vere
 

Die vere maak

die voŽl

Kuifkopvisvanger in Bosveld ó foto deur Hennie van Deventer

BO: Vere in ín glinsterende reŽnboog van kleure versier hierdie kuifkopvisvanger in sy leefwÍreld in ons eie Bosveld.

Foto © Hennie van Deventer,

wie se nuwe wenboek oor Bosveld-belewenisse in 2011 verskyn het. Die titel daarvan is  ďDuisend dae langs die SabieĒ, en die belangstellende webswewer sal hom- of haarself bepaald ín guns bewys deur hier te klik

 

Vere is nie net die kenmerk van alle voŽls nie, vir baie is dit ín extravaganza van fleur en kleur. Om doeltreffend te funksioneer, moet die gevleueldes hul vere silwerskoon hou. Dit verg heelwat harde werkóbad en poets en knibbel en strykómaar nooit sal ín voŽl ooit vere voel vir sy besondere bedekking nie!


 
 Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou
 


Kleurryke vink

BO: Kleurryk in die oortreffende trapóín volkleur-vink van Wes-AustraliŽ.

Foto deur Martin Pot, wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die wÍreldwye web uitgeplaas het en hergebruik vergun ingevolge die Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0-lisensie

 

 

V

Groen veerERE-TOOI... dis tog so mooi. Blink of glansend in die sonlig. Sierlike pluime in die wind. Geen ander diere in die skepping kan met presies sulke dosse spog as die voŽls nie.

 

ín VoŽl se hoeveelheid vere hang van sy grootte, spesie en geslag af. ín Kolibrie het so min as 900; ín swaan ín yslike 25 000.

 

Isolasie is waarskynlik die verekleed se belangrikste funksie. Dit help om die voŽls egalig warm te hou, sodat hulle doeltreffend kan funksioneer en ook in kouer streke kan oorleef.

 

Wit veerVoorts sorg vere vir hef-oppervlakke aan die vlerke en sterte, waarsonder voŽls nie sal kan opstyg nie.

 

WatervoŽls dryf weer gemaklik vanweŽ die lug wat tussen die vere vasgevang is. Deur hul vere teen mekaar te druk, kan sommige watervoŽls hul dryfvermoŽ varieeróen sink totdat net die nek en kop uitsteek.

 

Party voŽls se vere kan ook bra verrassende funksies hÍ, soos die stywe, haaragtige vere neffens die snawels van wind- en nagswaels, wat hulle help om insekte te vang terwyl hulle vlieg.

 

Die vliegvere van die meeste uile is weer toegerus met geluiddempersóín fluweelagtige oppervlakósodat hulle stille aanvalle op hul prooi kan loods.

 

Baie voŽls kommunikeer met hul verekleed. Die luisterryke pluime van poue word byvoorbeeld vir pronk gebruik wanneer die voŽls trouplanne kry.

 

Baie voŽls voer ook hul neste met vere uit, en sandpatryse dra water tot by hul kuikens in spesiale absorberende borsvere.

  

Veersoorte en -strukture

HOEWEL vere in die wonderlikste verskeidenheid van vorms en kleure voorkom, kan hulle in vier hoofkategorieŽ verdeel word: kontoer- en donsvere, en stert- en vlerkvere (vlugvere).

 

Kontoervere (of dekvere), wat die lyf bedek en die kenmerkende gladde vorm daaraan gee, is die talrykste. Party vere dien as isolasie en ander is vir vertoon.

 

Onder die kontoervere lÍ die sagte donsvere, wat ook ín luglaag vir isolasie vasvang. Donsvere is die doeltreffendste isolasiemateriaal in die diererykósoos elkeen kan getuig wat onder ín donskombers slaap!

 

Versprei tussen sowel die kontoer- en donsvere is haarvere. Kenners reken diť help die voŽl vasstel hoe sy vere lÍ.

 

Die lang stywe penvere op die vlerke en stert vorm die vlugvere. Die buitenste vlerkvere bied stu-krag vir vlug en die binnestes sorg vir die gladde lugvloei oor die vlerke.

 

Stertvere word gebruik vir balans en stuur, en soms ook vir vertoon.

 

Dele van ín vlerkveer

 

 

ín Veer het ín ingewikkelde struktuur en is baie delikaat aanmekaargesit. Vanuit albei kante van die skag, of pen, groei die parallelle skagveertjies om die "vlag" van die veer te vorm. Hierdie sytakkies is op hul beurt omgesoom met klein sytakkies wat oormekaar lÍ en die ruimte tussen die skagveertjies vul. Die klein "baardjies" word deur hakies inmekaar gesluit.

Badtyd

IN die daaglikse warrelinge en skarrelinge raak ín voŽl se vere maar taamlik deurmekaar en besmeer met stuifmeel, nektar, stof en modder, of besmet met parasiete. Vere moet egter goed versorg word sodat hulle behoorlik kan funksioneer en nie voortydig uitval nie.

 

Die meeste voŽls bad, selfs in koue weer. Hulle staan in vlak water, laat sak die lyf en skud die snawel lewendig heen en weer. Hulle klap flink met hul vlerkpunte sodat water oor die hele lyf gesprinkel word.

 

Sommige voŽls bad in die reŽn. Lewerikies hurk op die grond met uitgestrekte vlerke, en papegaaie staan met deurmekaar vere en die vlerke en stert uitgesprei. Ander, soos neushoringvoŽls, fladder in reŽn- of doubedekte plante rond.

 

LugvoŽls soos swaels en visvangers gebruik ín duiktegniek en doop hulself ín oomblik lank in die water voordat hulle verder vlieg.

 

Baie voŽls, veral diť van droŽ klimate, benut die skurende en absorberende eienskappe van stof om hul vere skoon te skrop. Hulle skraap met die pote en sleep met die vlerke totdat hul vere vol stof is.

 

BO: Hoera, dis badtyd! Selfs landvoŽls bad graag, wat nog te sÍ ín soort wilde-eend soos diť.

Foto: Jimmy Breeden / U.S. Geological Survey

 

Versorging van die vere

NADAT hulle gebad het, gaan soek voŽls gewoonlik ín veilige plekkie waar hulle hul vere kan gladstryk en poets. Die meeste het ín olie-afskeidende poetsklier in die stuitjie. Ons noem dit die voŽl se vetkannetjie of oliekannetjie, want met die olie wat hieruit kom, word die vere gesmeer.

 

Reier besig om sy vere te versorgREGS: ín Reier besig om sy vere te versorg.

 

Foto: Steve Hillebrand / U.S. Fish and Wildlife Service

 

VoŽls stryk op twee maniere olie oor hul vere: Die eenvoudigste is om die vere met ín toe snawel te bestryk, maar dinge word deegliker gedoen deur die vere tussen die punte van die snawel te trek en dit sagkens te knibbel.

 

Daar is onsekerheid oor die presiese funksie van die poetsolie, hoewel dit tog lyk asof dit keer dat die vere bros word, en ook dien om die fyn struktuur van die vere te verseŽl en ín waterdigte bedekking te vorm.

 

Die geknibbel reinig en herrangskik die skagveertjies en baardjies. Soms dolwe voŽls energiek op een plek om vuiligheid of ín parasiet te verwyder.

 

Gaaie vryf soms miere teen hul vere: Die giftige mieresuur wat deur die miere afgeskei word, verdryf dan die myte in hul vere.

 

Ververing

ONDANKS die noukeurige aandag wat hulle ontvang, verslyt en verweer vere en moet hulle van tyd tot tyd afgewerp en deur nuwes vervang word.

 

VerveringREGS: Ververing... in hierdie tyd waai die vere letterlik, maar dit geskied darem met verdrag en sonder drama.

 

By die meeste spesies word slegs ín paar vere op ín slag afgewerp, sodat die voŽl altyd genoeg het om sy lyf te bedek en te kan vlieg, ín Paar voŽls, soos eende, ganse en ander watervoŽls, werp die meeste van hul vlugvere tegelykertyd af, met die gevolg dat hulle tydelik nie kan vlieg nie.

 

Soms word al die vere saam afgewerp, soos by pikkewyne. Maar omdat diť voŽls in elk geval nie kan vlieg nie, is dit nie vir hulle gevaarlik nie.

 

Party voŽls word in diť tyd heeltemal hulpeloos, sodat ververing byvoorbeeld in die broeityd vermy moet word. ín Merkwaardige uitsondering is die neushoringvoŽl-wyfie, wat in die broeityd in haar nesholte gevange gehou word. Sy werp dan haar vere af en word deur die mannetjie gevoer. Wanneer die kuikens half volgroeid is, het Mamma ín nuwe stel vere.

 

Pappa neushoringvoŽl werp sy vere eers af wanneer die broeityd verby is.

 

Alle voŽls verveer minstens een keer per jaar, baie van hulle twee keer. Drie keer per jaar is seldsaam. Hoe ook al, om met nuwe vere te spog, kan enige ou voŽl sommer weer vrolik maakóen baie veer-kragtiger!

 

 



Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou
 


 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf