5

 

 

  

 Ons wonderlike voŽls (5): Migrasie


Die Groot Trek

van die voŽls

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Samestelling van fotoís deur U.S. Fish and Wilflife Service en U.S. Geological Survey
 

Die winter is naby. Die wilde swane, die swaeltjies, verskeie ander voŽlsoorte trek. Wat is hierdie ingebore drif van sekere voŽls om in ín sekere stadium van die jaar na verre lande te verhuis? Iewers, volgens die Groot Raadsbesluit in die skepping, is ín sneller wat afgevuur wordóen die uittog begin...
 


 
 Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou
 


 

ďS

WAELTJIES,íí het ín beroemde Engelse skrywer in die agttiende eeu met dawerende kundigheid verkondig, ďslaap beslis regdeur die winter, ín Aantal van hulle maak saam ín bal deur al in die rondte te vlieg, waarna hulle hulself in een hoop onder die water inwerp en op die bedding van ín rivier bly lÍ.Ē

 

Hy was nou wel ín buitengewoon begaafde man, maar met hierdie waarneming was dr. Samuel Johnson darem sleg van die kol af. Dit kan ín mens selfs herinner aan die Donker Eeue toe die geskrifte van vroeŽre skrywers sommer vir soetkoek opgeŽet is.

 

SwaeltjieREGS: Daar is wÍreldwyd tientalle verskillende soorte swaeltjies, en as ín mens die woord hoor, dink jy bes moontlik aan hul verstommende vliegvermoŽ. Om met die wisseling van die seisoene duisende kilometers ver van die aarde se een halfrond na die ander te kan vlieg, sou jy mos nie van sů ín oŽnskynlik brose voŽltjie verwag nie. Nie verniet dat daar vroeŽr jare so ín eienaardige wolhaarstorie omtrent hulle vertel is nie.

Foto: U.S. National Park Service

 

Maar selfs nŠ die Renaissance, toe mense vir hulself begin dink het, is eienaardige opvattings oor die trekgewoontes van voŽls nog gehuldig.

 

Die geleerdes van die ou tyd het goed geweet dat sekere voŽlspesies in die herfs verdwyn en in die lente weer hul verskyning maak. Hulle het egter aangeneem dat voŽls, soos soogdiere, hiberneer (ín winterslaap deurmaak).

 

Dit was maar eers in die negentiende eeu dat voŽlkenners die gedagte gepropageer het dat voŽls trek (of migreer), ín teorie gegrond op waarnemings by ligtorings en op afgeleŽ eilande.

 

Met die gebruik om ringetjies of bandjies aan voŽls se pote te sit, is die studie van trekvoŽls in die twintigste eeu verder gevoer en hul lugweŽ gekarteer. Vandag kan natuurkundiges met behulp van wentelende satelliete die voŽlverhuisings kontroleer, selfs terwyl dit gebeur.

 

TrekvoŽl met kleurbandjiesREGS: ín TrekvoŽltjie met kleurbandjies aan die beentjies, waardeur vasgestel kan word waarvandaan hy gekom het.

 

Foto: K. Klimkiewicz / U.S. Geological Survey

 

Talle verstommende feite het aan die lig gekom. Maar daar is steeds baie vrae. Waarom, byvoorbeeld, verhuis sekere soorte voŽls en ander nie? Waarom verlaat trekvoŽls bekende plekke, waar hulle presies weet waar hulle kos en water kan kry, vir ín gevaarvolle reis oor die wÍreld? Hoe weet die voŽls wanneer ťn waarheen hulle moet trek?

 

Hoewel ons sedert Johnson se tyd baie geleer het, vlieg ons mense wat voŽlmigrasie betref nog self oor ín taamlik duistere terrein!

 

Dit ly egter geen twyfel dat voŽls veral migreer om die spanning te vermy wat met ín kos- en waterskaarste, byvoorbeeld in die winter of ín droŽ seisoen, saamgaan nie. In die winter kan vars water en die grond bevrore raak, en selfs sneeu kan val en hul kosvoorrade bedek.

 

In die somermaande word Suid-Afrika se voŽlbevolking met sowat 120 spesies versterk wat tot van EurasiŽ en die Midde-Ooste kom. Daar is selfs migrasies uit Midde-Afrika en Madagaskar. Dis is omdat daar in die somer skielik hier by ons ín oorvloed kos isóen die voŽls in die winter die voorrade in die tropiese spense uitgedun het.

  

Stimulus vir migrasie

DIT lyk of voŽls ín ingeboude horlosie het wat hulle prikkel om elke jaar teen feitlik dieselfde tyd te begin trek. Daar word geglo dat hierdie stimulus aangebore is en dat faktore soos daglig en die weer die sneller is.

 

As die regte dag aanbreek, vat die voŽls eenvoudig koersósonder om ín oomblikkie te dink waarheen hulle nou eintlik vlieg en waarom.

 

Net voor die migrasie, wanneer die voŽls saamkom vir die reis, is hulle rusteloos.

  

Gedeeltelike migrasie

DIE skouspelagtige transkontinentale verhuisings neig om ons aandag af te trek van baie ander voŽlsoorte se trekke oor kort afstande.

 

Ofskoon hul bewegings nie as gereelde migrasies beskou word nie, lÍ flaminke groot afstande binne-in Afrika af (intra-Afrikaanse migrasie). Ander voŽls trek binne ons landgrense rond namate die seisoene verander.

 

Pienk flaminke op die Nakuru-meer in Kenia

BO: Pienk flaminke op die Nakuru-meer in Kenia. Flaminke lÍ groot afstande binne-in Afrika af.

Detail van foto, met spesiale vergunning aan Mieliestronk.com verskaf deur Richard A. Muller, Departement Fisika, Universiteit van KaliforniŽ, Berkeley. Besoek sy webwerf by http://muller.lbl.gov/

 

Party migrasies is vertikaal, dikwels net ín paar honderd meter of wat, namate die klimaat met die hoogte verander. Die janfrederik, wat algemeen in Suid-Afrika voorkom, daal in April af na die laevelde van KwaZulu-Natal en keer in September na die hoŽr hange van die Drakensberg terug.

 

Partykeer word ín deel van die voŽlbevolking agtergelaat. Swaels en kwelertjies, ywerige nomade, laat gewoonlik ín paar enkelinge agter. En by sekere voŽlsoorte is die een geslag of ouderdomsgroep meer geneig om te migreer as die ander.

  

Hoe voŽls koers hou

Duif en rigtingwyserTREKVOňLS en ook ander voŽls soos wedvlugduiwe se verstommende oriŽntasievermoŽ word steeds nie ten volle begryp nie. Wetenskaplikes het darem al vasgestel dat die aarde se magneetveld iets daarmee te doen het.

 

Ons planeet se magneetveld is ín onsigbare krag wat rondom die aarde span net soos wat ín mens dit by ín gewone ystermagneet vind. Dit is omdat die aarde in der waarheid ín elektromagneet is.

 

Baie diep in die hart van die planeet, reken geleerdes, is ín massiewe bal van soliede yster of yster-nikkel met ín omtrek maklik so groot soos Suid-Afrika. Die gesmelte gesteentes wat weens die draaiing van die aarde om daardie bal in die aardkern wentel, wek elektromagnetisme op net soos in ín dinamo.

 

Maar hoe kan hierdie rare krag dan op voŽls inwerk? Spore van yster wat in die breinweefsel van die gevleueldes gevind is, dui daarop dat daar ín meganisme kan wees wat hulle gevoelig vir die magneetveld maak. Ontspoorde voŽls sou dus daarmee taamlik noukeurig kan aanvoel waar op die aarde hulle is en in watter rigting hulle moet beweeg om te terug te kom waar hulle hoort.

 

Wetenskaplikes het in Duitsland in ín navorsingprojek sterk magnete aan wedvlugduiwe vasgemaak. Dit het die duiwe so verwar dat hulle nie hul pad huis toe kon kry nie. Dit het hul vermoŽ beduiwel om die aarde se geo-magnetiese velde korrek te lees.

 

Sů het wetenskaplikes al selfs gespekuleer dat voŽls ín ekstra rigting-sintuig kan hÍ waarvan ons mense nooit in der ewigheid werklik ín denkbeeld sal kan vorm nie. Hoe kan iemand wat byvoorbeeld stokblind gebore is hom dan ook voorstel hoe dit moet wees om te sien?

 

MAAR navorsers is vandag ook oortuig dat dit nie net die aarde se magneetveld is wat voŽls hul sin vir rigting gee nie. Dit lyk trouens of die posisie van die son en sterre eweneens ín rol in hul oriŽnteringsprosesse speel. Met algehele sonsverduisterings kan wedvlugduiwe byvoorbeeld hopeloos verdwaal.

 

Proefnemings wat deur ín Duitser, ene Kramer, met trekvoŽls gedoen is, het ook onweerlegbaar getoon dat voŽls met behulp van die son en sterre navigeer. Kramer het sy voŽltjies aangehou in ronde hokke met ses eweredig gespasieerde vensters wat elk ín stuk van die hemelruim ontbloot het. Hy het gevind dat daar iets interessants met hulle gebeur namate die tyd nader gekom het dat hulle weer moes begin migreer.

 

Hulle het almal gaan sit met hul lyfies in die rigting waarin hulle sou vlieg as hulle trek. Maar in bewolkte weer het die voŽltjies gedisoriŽnteer geraak.

 

Kramer het toe spieŽls gebruik wat dit laat lyk het of die son uit ín ander rigting skyn. Die voŽltjies het almal hul sitposisies dienooreenkomstig verander.

 

Proefnemings het ook getoon dat voŽls hulle volgens die patrone van die sterre kan oriŽnteer. ín Ander Duitser, met die van Sauer, het ook ín ronde hok vir sy proefnemings gebruik, een met ín deursigtige glasbedekking waardeur die naghemel gesien kon word. Sy voŽls het hulle weer volgens die sterrebeelde geskik en verward geraak wanneer die lug bewolk was.

 

Sauer het hulle toe in ín planetarium ín kunsmatige naghemel gegeeóen die voŽls het hulle daarvolgens georiŽnteer!

 

íN DERDE manier waarop voŽls moontlik navigeer, is om sekere bakens op hul roete as padkaarte te gebruik.

 

Tog is die rol wat bakens in voŽls se oriŽntasie speel volgens navorsers waarskynlik nie so groot nie. Die meeste trekvoŽls vlieg immers snags wanneer hulle nie maklik op bakens kan reken nie, en baie vlieg ook oor die oop kaal oppervlakke van die oop see.

 

Die baken-teorie verklaar ook nie hoe jong voŽls waarvan die ouers al voorheen dieselfde roete afgelÍ het maar voor die jonges begin trek, in staat is om hul pad op totaal onbekende roetes te vind nie.

 

Soos ín kenner tereg sÍ: dit sal wetenskaplikes waarskynlik nog jare kos voordat hulle die raaisel van voŽlmigrasie heeltemal sal kan verklaar.

 


 

 Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou

 


 

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf