地 Laslappie van Mieliestronk

Visvangste
en die visserybedryf in Suid-Afrika

Voorstelling van Strandloper met vis

BO: 地 Verdwaalde vis in die vlak water van 地 getypoel word met 地 skerp stok deurboor... 地 voorstelling van 地 鉄trandloper se visvang­tegniek in lank vergange tye. Die mens se benutting van die see moet omtrent net so oud wees as die bewoning van die land vlak by die kus. En plek-plek in Suid-Afrika het die reste van antieke mense se teen­woordigheid langs die see wonderbaarlik behoue gebly.
 

H

ULLE kom ligvoets aan oor die duine... die woeste man en sy jong vrou met die baba op haar rug. By 地 rotspoel buk hulle ondersoekend in die oggendskemer om te kyk wat die nag se hoogwater alles daarin gespoel het. Die see dreun dof en tydeloos op die agtergrond. Die man deurboor 地 verdwaalde vis met 地 skerp stok in die vlak water.

Die vrou neem die geharpoeneerde vangs en plaas dit eenkant, en dan loop sy weg van die getypoel af om elders 地 aantal mossels van 地 rots los te woel. 地 Meeu wat dit te naby aan haar waag, word met 地 goedgemikte klip byna 地 deel van die gesin se proteen-vangs, maar die stormvol is te vinnig vir die vrou en vlieg krysend weg.

Wat hierbo beskrywe is, is 地 denkbeeldige toneeltjie van duisende jare gelede 靡ens aan die Suid-Afrikaanse kus. Mense wat vandag die 鉄trandlopers genoem word, het volgens navorsers nie net in die tyd van Jan van Riebeeck nie, maar reeds 6000 jaar gelede die baie seediere op ons ruwe strande versamel en geet. Interessanter nog: geleerdes s daar is getuienis dat perlemoen nie minder nie as 125 000 jaar gelede al hier benut is.

S sou die seekosvangste in ons land begin het, as 地 mens sou wonder waar die oerwortels van ons visserybedryf l. Suid-Afrika het 地 kuslyn van sowat 3000 km, wat strek van die Oranjerivier in die weste, by die grens met Namibi, tot by Ponta do Ouro in die ooste, neffens Mosambiek. Dit hoef niemand te verbaas dat tallose mense hulle oor die lange eeue by die see gevestig het om uit sy ryk bronne te lewe nie容n dit trouens vandag nog doen.

VOLGENS 地 opname enkele jare gelede het ons visserybedryf in die betrokke jaar werk aan 16 854 Suid-Afrikaners in die prim靡e sektor verskaf, sowel as aan 27 730 mense in die sekond靡e sektor. Bestaansvissers en ander wat op klein skaal bedrywig is, word steeds langs die hele Suid-Afrikaanse kuslyn gevind, veral in die Wes-Kaap.

 

Die Wes-Kaapse visserskultuur is iets unieks. David Kramer se emosiebelaaide lied oor die visser van Skipskop wat 電ie bloudam se branders en sy hele leefw靡eld moet verlaat (omdat sy vissersgemeenskap moet plek maak vir 地 missieltoetsterrein) laat ons so iets belewe van hul omstandighede.

 

D.F. MalherbeMaar dit was veral die ou Suid-Afrikaanse skrywer D.F. Malherbe [LINKS] wat destyds in 1928 in sy eens gevierde boek Hans-die-skipper die bre Afrikaner-publiek bewus Deel van boek se omslaggemaak het van die romantiek wat die Wes-Kaapse visserslewe omgewe. Midde-in die gevare en swaarkry in een s 地 gemeenskap, is daar ou Hans, die baas van 地 vissersboot, en sy onwrikbare liefde vir die see.

 

Daar is 地 belangrike maar eenvoudige rede hoekom soveel vissersgemeenskappe in die Wes-Kaap voorkom. Die see aan ons weskus is ryk aan visse, soos in ander mariene ekosisteme elders ter w靡eld waar daar opwellings is wat vir genoeg kos vir die visse sorg. Aan die ooskus is die seelewe beduidend minder, maar daar is 地 groot verskeidenheid van afsonderlike soorte.

 

Maar hoe word die seelewe hier te lande deur die mens benut? Dit word op verskillende maniere gedoen.

 

INDUSTRIヒLE visserye het net voor die einde van die 1800痴 hul verskyning in Suid-Afrika gemaak en daarna vinnig uitgebrei. Teen die 1960痴 het die gevaarligte egter begin flikker. Dit het geblyk dat verskeie ondernemings meer uit die see gehaal het as wat volhoubaar is en dat die probleem wetenskaplik aangespreek sou moes word. Vandag, dekades later, staan die visserybedryf steeds voor ernorme uitdagings.

 

Een van die probleme wat byvoorbeeld maar altyd ondervind sal word, is die veroudering van vissersvaartuie. Nuwe vaartuie is duur.

 

Ter illustrasie嵐n moderne vissersboot

 

BO: Slegs ter illustrasie嵐n moderne vissersboot.

 

Krediet: NOAA (gewysig)

 

Dit is weliswaar so dat visserye 地 betreklik geringe sektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie uitmaak en jaarliks slegs sowat een persent tot ons bruto binnelandse produk bydra. Tog het die land 地 aktiewe kommersile visserybedryf. 地 Geraamde jaarlikse toevoeging van R2,63 miljard tot die BBP (in 2003) is immers glad nie te versmaai nie.

 

Volgens ander beskikbare syfers van 地 tydjie gelede was daar meer as 4500 geregistreerde kommersile vissersvaartuie in Suid-Afrikaanse waters. Die vernaamste seediere wat gevang word, is ansjovis, sardyn, stokvis, tjokka en kreef. Tuna, snoek en geelstert is die belangrikste visse wat per handlyn ingekatrol word. Sowat negentig persent van prima-seekosse soos kreef en tjokka word uitgevoer, meestal na Europa en Amerika.

 

Sedert die totstandkoming van die nuwe Suid-Afrika in 1994 het die visserybedryf 地 proses van oorgang beleef. Baie voorheen benadeeldes het hulle by die bedryf aangesluit, wat ongelukkig ook beteken het dat gevestigde rolspelers moes toesien hoe hul regte wegkalwe. Gevestigde maatskappye oorheers egter steeds die verwerkingsektor van die visserybedryf.

 

Streng maatrels is ingestel om te probeer verhinder dat oorbevissing plaasvind妖it wil s dat soveel visse gevang word dat hul getalle nie meer deur aanteling aangevul kan word nie.

 

In 2006 is langtermyn-regte aan vissersmaatskappye toegestaan om bestendigheid in die visserybedryf te verseker. Die uitbreiding van die bedryf word beperk deur die natuurlike produktiewe vermo en die volhoubaarheid van die lewende mariene hulpbronne.

 

Ter illustrasie嵐n vrou langs die viswatersDie kommersile visserye van Suid-Afrika is beperk tot ons kus en die see. Daar is (nog) geen noemenswaardige kommersile binnelandse visserye nie, hoewel daar baie varswaterhengelaars is wat vir die ontspanning gereeld ons riviere en damme besoek. Daar kyk hulle dan watter van ons byna 150 soorte varswatervisse hulle aan die lyn kan kry. Hier en daar in die binneland is daar ook mense wat werklik om den brode moet hengel.

REGS BO: Hengel vir ontspanning. Slegs ter illustrasie嵐n vrou langs die viswaters.

Krediet: U.S. Army Corps of Engineers

 

 BYVOEGING op 27 Oktober 2009:
  

地 Sentrum vir akwakultuur by die Gariepdam

GROOT samewerkingsooreenkoms ten bedrae van miljoene rande is met China gesluit vir die oprigting van 地 opleidingsentrum en broeistasie vir die ontwikkeling van akwakultuur by die Gariepdam in Suid-Afrika. (Akwakultuur is die proses waarvolgens waterorganismes soos visse, skulpdiere en selfs waterplante onder beheerde toestande  geteel en gekweek word.)

Die sooispit- en openingsplegtigheid van die sentrum was op 27 Oktober 2009. Die plan is om jong vissies soos geelvis en karp (varswatervisse) te voorsien aan gemeenskappe in die Vrystaat en daarbuite wat akwakultuurprojekte aanpak. Dit moet ook as 地 navorsingstasie dien en opleiding aan landbou-wetenskaplikes, tegnici en boere verskaf.

Die sentrum bied werkgeleenthede aan honderde Suid-Afrikaners, terwyl slegs 地 handvol of wat Chinese betrokke sal wees, is deur die SAUK berig.

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad