’n Laslappie van Mieliestronk

Pa en dogtertjie met vlieër Pret met die wind

 
M
AAK JOU EIE VLIEËR

 

Maak ’n kruis met twee latte•   Stap 1: Kry twee sterk, dun bamboeslatte (of ander sterk, ligte houtstokke) en maak ’n kruis daarmee. Jou vlieër se grootte kan wissel—van 30 cm tot 2 m hoog— maar die dwarslat moet omtrent driekwart die lengte van die vertikale lat wees. Jou kruis moet weerskante ewe breed wees sodat die vlieër in ewewig sal wees.
 

Bind latte by die kruispunt saam en maak ’n lus•   Stap 2: Heg die latte met lyn of fyn sterk draad aan mekaar op die plek waar die latte mekaar kruis. Maak ’n lus met die twee punte van die lyn of draad, sodat jy later die “toom” van jou vlieër daaraan kan vasmaak.

 

•   Stap 3: Boor gaatjies in die punte van elke lat. Maak ’n lang stuk lyn of dun draad aan die bopunt vas en ryg dit dan deur die verskillende gaatjies sodat dit ’n diamantvormige raamwerk vir die latte vorm. Maak stewig aan die bopunt van die “diamant” vas, waar jy ’n tweede lus vir die “toom” maak.
 

Span lyn van punt tot punt... Plaas vlieërpapier agter raamwerk, knip, vou rande om en plak vas

 

•   Stap 4: Die raamwerk moet stewig wees, maar die latte moenie gebuig wees nie. Lê die raamwerk op vlieërpapier of bruin papier neer, knip al in die rondte en laat ’n “kantlyn” van 2 tot 3 cm. Vou die kante bo-oor die lyn en plak met kleeflint of gom vas.

Bring “toom”  aan, verbind met lang lyn en maak ook die vlieër se stert. Die vlieër is klaar!•   Stap 5: Sny ’n gaatjie in die papier en trek die lus in die middel van die vlieër daardeur. Maak die een punt van jou “toom”daaraan vas en die ander punt aan die lus aan die bopunt. Maak nog ’n lus aan die onderpunt om ’n stert aan jou vlieër te heg.

•   Stap 6: Jy kan jou vlieër met plakkaatverf versier as jy bruin papier gebruik het.

•   Stap 7: Vir die stert kan jy stukke lap aan ’n lyn bind of ’n ketting van papier-rosette maak. Daar’s ’n praktiese reël dat die stert se lengte minstens ses keer die breedte van die vlieër moet wees.

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad