ín Laslappie van Mieliestronk

VISSE MET ďVLERKEĒ

 

VlieŽnde visseMet die vinne styf langs die sye soos vliegtuie se vlerke, ontduik twee vlieŽnde visse ín agtervolgende roofvyand deur in die lug te sweef. Ironies genoeg laat hierdie tegniek, wat vlieŽnde visse van roofdiere in die water red, hulle dikwels in die kloue of snawels van jagters in die lug beland...

 

ďVLINDERVISSEĒ, noem ín beroemde Amerikaanse natuurkenner en skrywer hulleójong vlieŽnde visse met die pragtige patrone op hul ďvlerkeĒ. In sy boek Beneath Tropic Seas (1928) beskryf William Beebe diť besondere verskynsel.

 

Jong vlieŽnde visse is baie anders as die volwassenes. Die jongspan se vinne is byvoorbeeld helder gekleur. Maar een noodsaaklike ding doen hulle net soos hul ouers: hulle vlug van roofvyande af weg deur met oopgespreide vinne oor die water te swewe.

 

VlieŽnde visREGS: ín Sogenaamde seilvin- vlieŽnde vis (Parexocoetus brachypterus).

 

Illustrasie: NOAA Photo Library

 

VlieŽnde visse lewe van plankton op die helder, boonste lae van tropiese oseane en is dus hoogs sigbare teikens vir skole hongerige visse soos tunas en haaie. Diť dat hulle met so ín volmaakte ontsnappingsmeganisme bedeel is.

 

Wanneer hy gejaag word, gooi die vis homself uit die water uit deur sy stertvin vinnig te wapper om momentum te kry. Sodra hy bokant die water verskyn, sprei hy sy vinne en sweef etlike meter ver oor die water voordat hy weer terugplons. Dikwels raak die vis met sy stert aan die wateroppervlak vir ekstra dryfkrag om sy vlug na vryheid te verleng.

 

Ironies genoeg kan vlieŽnde visse met hul ylingse spronge deur die lug om van roofvisse weg te kom, partykeer juis daardeur van die wal in die sloot beland: reg in die snawels van honger seevoŽls. Meeue, pelikane, albatrosse en fregatvoŽls swem dikwels agter skole tunas en bonito's aan.

 

Die oomblik wanneer die vlieŽnde visse uit die water spring, duik die voŽls af en vang hulle. Dolfyne neem ook aan die spronge-fees deel deur agter tunas aan te swem

 

Die lengte en tyd van vlieŽnde visse se spronge is wisselvallig en hang byvoorbeeld saam met dinge soos seestrome en die windrigting. Die gemiddelde lengte van ín enkele sprong is egter twee tot drie meter, hoewel spronge van selfs tien meter nie skaars is nie.

 

VlieŽnde vis

VlieŽnde vis
  
Fotoís: Shannon Rankin, NMFS, SWFSC  / NOAA
  
  

BO en REGS BO: VlieŽnde visse word met groot belangstelling bekyk nadat hulle uit die see na die oppervlak gebring is.

  

ín Sprong duur gewoonlik van twee tot tien sekondes. ín Rekordsprong van ín verbysterende sestig meter wat 42 sekondes geduur het, is egter al aangeteken. Samegestelde ''vlugte'' (ín reeks opeenvolgende spronge) oortref dit ver en is gewoonlik van sestig tot negentig meter ver. Die rekord- samegestelde sprong is 300 meter. Die vis het altesaam elf keer gespring voordat hy tevrede was dat hy veilig buite bereik van sy vyand was.

 

VlieŽnde visse behoort tot die familie Exocoetidae. Daar is sowat vyftig soorte. By party is die borsvin vergroot, by ander word sowel die bors- as die buikvinne vir sweef gebruik.

   


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad