|
|
|
N
die klaar blou lug verskyn ’n wolk wat groei en aanhou groei, totdat dit
die lugruim oorspan en die son verduister. Die wind loei oor die aarde en
blitse krul in allerhande rigtings. Die knalle en rammelings laat jou
sidder—en dan trek die verdonkerde hemel sy sluise oop...
Dit
sal jy darem nooit doen nie. Maar dan sal jy ook nooit jou ontsag vir
donderweer kan verloor nie... Donderstorms
woed wel oor betreklik klein oppervlakke as ’n mens hulle met die
magtige tropiese siklone (die orkane of tifone) vergelyk, of selfs met die
buite-tropiese siklone soos dié wat die winterreën in die Wes-Kaap
veroorsaak. Maar ondanks hul beperkte duur en grootte—’n tipiese
donderstorm duur gemiddeld 30 minute en is nagenoeg 25 kilometer in
deursnee—is alle donderstorms gevaarlik. Die
gevaar skuil in die weerlig, maar ook in moontlike hael,
verwoestende vloedwaters of, minder gereeld, die angswekkende tornado’s
wat deur die onstuimige
toestand in die lug opgeklits kan word. Omdat
donderstorms so kol-kol in relatief klein gebiede voorkom, word
verskillende gebiede op die aardbol, ook Suid-Afrika, elke jaar deur
duisende sulke storms getref. Die Amerikaners het al selfs bereken dat
sowat 100 000 donderstorms jaarliks in die Verenigde State voorkom. Wat
meer sê, daar woed elke oomblik nie minder nie as omtrent 1800
donderstorms op die aarde. Dis ’n ongehoorde 16 miljoen per jaar! Maar
wat is donderstorms eintlik? Wat veroorsaak dit? •
Vir enige donderstorm op te gebeur, moet daar vanselfsprekend
genoeg vog in die lug wees—sodat wolke gevorm kan word en dit kan reën. Die
lewensiklus van ’n storm kan in drie fases ingedeel word: •
Die
ontwikkelingstadium: Daar is ’n hoë cumulus-wolk wat op
stygende lug dui. In hierdie stadium, wat sowat tien minute duur, is daar
min indien enige reën. Daar is wel verspreide blitse. Die
ontstaan van weerlig is natuurlik een van die groot wondere van die
natuur, enersyds ’n dodelike verskrikking van ontlaaiende elektriese
energie en andersyds ’n lewegewende katalisator. Dis immers weerlig wat
die suurstof en stikstof in die lug laat verbind sodat dit deur die reën
in die grond ingespoel kan word waar dit die wortels van plante met
stikstof kan voed. En alle diere op aarde, asook die mens is basies van
plante afhanklik om te oorleef (selfs die vleisvretende diere vreet ander
wat, sê maar, van gras lewe). Weerlig
ontstaan weens die opbou en ontlading van elektrisiteit tussen positief en
negatief gelaaide areas. Die stygende en dalende lugstrome in ’n
donderstorm skei hierdie positiewe en negatiewe ladings, terwyl water- en
ysdeeltjies ook ’n rol speel. Weerligstrale
kan van die een wolk na ’n ander, binne-in ’n wolk of van ’n wolk na
die grond trek. ’n
Wolk-tot-grond-blits, byvoorbeeld, begin as ’n onsigbare kanaal van
elektries gelaaide lug wat van die wolk na die grond beweeg. Terwyl een
kanaal ’n voorwerp op die grond nader, is daar ’n kragtige opwaartse
stuwing van elektrisiteit na die wolke wat die sigbare weerligstraal
voortbring. |
|
|
Foto: NOAA Meer
oor weerlig: •
Weerlig kom in alle donderstorms voor; elke jaar tref dit die aarde
nagenoeg twintig miljoen keer. |
|
|
Hoe
ver weg is ’n donderstorm? TOE
ons ouers (of grootouers) nog met myle pleks van kilometers gewerk het,
het hulle só gemaak om dit te bereken: •
Tel die getal sekondes tussen ’n blits en die volgende
donderslag. |
|
|
Mites
en feite oor weerlig: MITE:
As dit nie reën nie, is daar geen gevaar van
weerlig nie. • • • • MITE:
Die
rubbersole van jou skoene of rubberbande aan ’n motor sal jou teen
weerlig beskerm. MITE:
Mense wat deur weerlig
getref is, dra ’n elektriese lading en jy moet glad aan hulle raak nie. |
|
|
Veiligheidsmaatreëls
teen weerlig: •
Stel buitelugbedrywighede uit wanneer die weer opsteek vir ’n
donderstorm. Dit is die beste manier om te voorkom dat jy in ’n
gevaarlike situasie beland. As
jy buite is en geen skuiling naby is nie: •
Vind ’n laaggeleë plek weg van bome, heinings en pale. Maak
egter seker dat dit nie ’n leegte is waar vloedwater jou kan oorval nie. |
|
|
Skielike
vloedwaters •
Skielike vloede is die vernaamste oorsaak van sterftes wat met
donderstorms verbind word. Een van die ergste oorstromings in die
Suid-Afrikaanse geskiedenis was op 23 Januarie 1981 toe skielike
vloedwaters onverwags ’n groot deel van die Karoo-dorp Laingsburg getref
en mense en huise meedoënloos meegesleur het. Altesaam 204 mense is dood
en slegs 21 huise het bly staan. Die rede vir die groot lewensverlies was
dat mense niksvermoedend die dorp in die meestal droërige loop van die
Buffelsrivier gebou het sonder om die gevaar van ’n skielike
vloed te besef.
•
Moenie in vloedwaters loop, swem of ry nie. |
|
|
Tornado’s
ONS
hoor af en toe van tornado’s in Suid-Afrika wanneer sulke verwoestende
werwelwinde deur bewoonde gebiede ruk. Eintlik is daar heelwat meer
tornado’s as waarvan ons ooit verneem, omdat ons binneland so yl bevolk
is. Dit is miskien ’n windpomp hiér en berghut dáár wat dan en wan
deurloop, maar meestal warrel die venynige vernietigers haas ongesiens oor
die ver verlate vlaktes. Dis heeltemal anders in, byvoorbeeld, die Verenigde State, soos ook op ’n ander Mieliestronk-webblad vertel word. Voordat
donderstorms ontwikkel, word ’n onsigbare, tollende effek in die laer
atmosfeer deur ’n verandering in die windrigting en ’n groter
windsnelheid veroorsaak. Stygende lug in die storm swaai die roterende lug
om van horisontaal na vertikaal—en die kolkende lugmassa versprei oor
’n gebied van 3 tot 10 km. Die meeste tornado’s vorm binne-in in
hierdie gebied van sterk rotasie. Tornado’s vorm baiemaal so vinnig dat dit hul slagoffers totaal onverhoeds betrap. Bly waaksaam vir die tekens van ’n naderende tornado: dinge soos ’n donker, dikwels groenerige lug, groot haelstene en ’n harde gerammel wat soos dié van ’n naby trein klink. Lees ook ons webbladsy oor tornado’s. |
|