|
Wilde
katte
Jou
hondmak Kietsie se omgesukkelde
familie
Teks
uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
|
|
 |
|
BO en LINKS:
Tiere.
Foto’s:
USFWS

BO: ’n
Katnael soos gesien deur ’n skandeer-elektron-
mikroskoop.
Foto: U.S. Public Health
Image Library (PHIL) |
GROOT
roofdiere soos die tier, luiperd, leeu en jagluiperd, asook die gewone
huiskat, is almal lede van die kattegeslag. In ’n ander Mieliestronk-artikel
word breedvoerig van die huiskat en sy herkoms
vertel, maar op hierdie bladsy bekyk ons die hondmak Kietsie se wilde
familie van naderby. En dis nou maar seker: elke liewe een van hulle lyk
nie net pure kat nie, maar doen ook kat-egories wat jy van die lede van
hierdie geslag sou verwag!
Alle is katte natuurlik ook karnivore (vleisvreters), met skerp kloue en
gepunte oogtande om die vleis van bene af te skeur.
Hulle
het gespierde lywe wat met ’n dik pels bedek is. Die pels het
dikwels kolle of vlekke sodat dit lyk of die dier met sy omgewing
saamsmelt.
|
REGS:
’n Leeuwyfie in die gras...
•
Leeus lewe in troppe in die
savanne en ruigtes van Afrika, en op ’n ander Mieliestronk-bladsy kan jy
baie meer oor hulle lees. Leeuwyfies jag en vang die prooi, terwyl die
mannetjies, met hul kenmerkende dik maanhare, die trop se hougebied
beskerm.
|
 |

LINKS: ’n Jaguar. BO: ’n Luiperd. |
|
REGS:
’n Swart luiperd.
Foto van jaguar: U.S.
Fish & Wildlife Service; foto van luiperd: Jim Ross, NASA;
foto van swart luiperd deur sy eienaar tot openbare besit verklaar
(“public domain”)
•
Verskillende
pelse: Die
jaguar van Sentraal- en Suid-Amerika het ’n rooierige pels met
ronde vlekke. Ook ons Afrika-luiperd is bekend vir die kolle aan sy
pels. Daarteenoor vind ons die fassinerende swart
luiperds—luiperds met soveel pigment in die pels dat hul
kolle skaars sigbaar op die swart haarbedekking is. |
|

|
LINKS: Jagluiperds. BO: ’n Oselot. |
|
REGS:
’n Marmerkat.
Foto van jagluiperds:
Gary M. Stolz, U.S. Fish &
Wildlife Service; foto van
oselot: Tom Smylie, U.S. Fish & Wildlife Service; ou
illustrasie van marmerkat: Richard Lydekker, 1894, openbare domein
vanweë verjaring van kopiereg
•
Die oselot is ’n soort
tierkat van Suid- en Sentraal-Amerika.
• Die
marmerkat is ’n nagloper wat in die bosse van Java en Myanmar
(Birma) jag. Hy het ’n lang stert en bruingrys pels met onreëlmatige
kolle.
Jagluiperd—bobaas-blits
van die bokveld
TEEN
tot 120 km/h per uur pyl ’n jagluiperd oor die grasvlaktes—om
oomblikke later ’n haas in sy haas te stuit. Dis ’n totaal
ongelyke kragmeting. Die haas byt in die stof. En die katwyfie
het ’n homp haasvleis om vir haar honger kleintjies te vat...
Die
jagluiperd se inhardlopery van die prooi verskil van die
jaggewoontes van tiers, wat hul slagoffers doodstil bekruip. Wat
meer sê, die jagluiperd is gebou vir spoed, soos geen ander
soogdier onder die son nie.
As
vleisvreter jag hierdie wilde kat klein wildsbokke, die kleintjies
van groter bokke soos koedoes, asook voëls en hase. Waar die
meeste katsoorte in die nag jag, is sy jagtyd in die vroeë oggend
en laat middag.
Die
jagluiperd van Afrika (Acinonyx jubatus) word as ’n
verdwynende dier beskou, terwyl die Asiatiese jagluiperd (Acinonyx
venaticus) se bestaan selfs nog meer bedreig word.
Daar
is voorts twee groepe jagluiperds in die natuur: die gesinne en
mannetjies. Die mannetjies, wat dikwels werklik broers is, vorm
gewoonlik ’n broederskap van twee of drie, wat saam jag. Die
wyfies lewe altyd alleen, buiten wanneer hulle kleintjies het. Die
mannetjies en wyfies kom slegs bymekaar om te paar.
Jagluiperds
word soms met luiperds verwar. Hulle is egter veel kleiner. Die
jagluiperd het ook eenvoudige swart kolle (en ’n “traanmerk”
by die oog), terwyl die luiperd swart ringe of sirkels van klein
kolle het.
Baie,
baie jare gelede het die jagluiperd regoor Afrika, Asië, Europa
en Noord-Amerika voorgekom, maar dié in die laaste twee
vastelande het verdwyn. Selfs in Afrika en Asië, word gereken, is
die huidige bevolkings meestal die nasate van klein groepies wat
herhaaldelik “ondertrou” het. Een bron beweer selfs dat die
genetiese samestelling van vandag se jagluiperds sodanig is dat al
die diere so naby familie is soos identiese tweelinge.
|
Kleine
katjies, grote ore!
REGS:
’n Rooikatkleintjie. Daardie breë oorskulpe sal
hom goed te pas kom wanneer hy groot is... om die skaars hoorbare geritsel
op te vang wat deur ander diere veroorsaak word.
Foto:
JOHN HOWARD BURKITT, wat as kopiereghouer die vrye gebruik van die foto
vir enige doel toelaat
HOE
sê Rooikappie nou weer vir die wolf wat hom soos haar ouma vermom het?
“Hoekom is ouma se ore so groot?” vra sy verwonderd—en die wolf
antwoord: “Om jou beter te kan hoor, my kind!” Het Rooikappie maar die
subtiele waarskuwing in die ou dierasie se woorde gesnap, want sulke
roofsoogdiere het mos dikwels ’n besonder skerp gehoor, juis om hul
prooi beter te kan opspoor. Lees hieronder hoe klein katjies hul groot ore
vir hulle laat werk...
•
DIE rooikat kry sy Engelse naam, ''caracal'', van die Turkse woord
''karakal'', wat ''swart oor'' beteken. En dié kat se groot, swart ore
met die lang hare aan die punte is inderdaad treffend. Die rooikat jag
snags. Sy breë oorskulpe vang die skaars hoorbare geritsel op wat deur
ander diere veroorsaak word. Die oorkwassies word heen en weer gedraai en
die kat kommunikeer daarmee met maats en mededingers. Omdat hulle so baie
soos gras lyk, help hulle ook om die rooikat op die grasvlakte te
kamoefleer.
Rooikatte vreet knaagdiere, ape, slange en selfs klein wildsbokkies. Hulle
is ook bekend daarvoor dat hulle opspring en voëls wat laag vlieg in hul
kloue beetkry.
LINKS:
’n Sandkat
(Felis margarita).
Foto
deur eienaar tot openbare besit verklaar (“public domain”)
• DIE
sandkat van nagenoeg 50 cm lank, plus ’n stert van 30 cm, word in die
Sahara-woestyn in Afrika, die Arabiese woestyn en die woestyne van Iran en
Pakistan aangetref. Daar is vier subspesies.
Danksy groot oorskulpe aan
sy breë kop hoor die sandkat die
geringste geluide van prooidiere of vyande. Die sandkat kruip bedags onder
klippe weg, maar kom snags uit om knaagdiere, akkedisse en luiperds te
jag.
REGS:
’n Tierboskat.
Foto:
U.S. Fish & Wildlife Service
•
DIE tierboskat (Engels serval), met sy kleingeboude lyf, kolle op
die pels en prominente ore, jag op verskillende maniere. Soms kruip
hy tussen plante weg en lê verbygangers voor, ander kere bekruip hy sy
prooi weer nes die gewone huiskat.
Die tierboskat is goed bekend daarvoor dat hy deur lang gras sluip en die
geluide van prooidiere met sy reuse-oorskulpe opvang voordat hy in die lug
opspring en die slagoffer gryp. Hy vreet veral knaagdiere en voëls, maar
ook paddas, akkedisse, klein wildsbokkies, termiete en sprinkane. En so af
en toe sal hy ook nie nee sê vir iets vegetaries nie.
|
Die
kat wat visse vang
LINKS:
’n Visvanger-kat (Prionailurus
viverrinus of Felis
viverrina)
Foto: Kopiereg geld,
maar paradoksaal word geen gebruiksregte voorbehou nie, soos
uiteengesit in die vrye Wikipedia-ensiklopedie as hierdie skakel
gevolg word:
http:// en.wikipedia.org/wiki/mage:Fishingcat2. jpg
WIE'T
gesê katte haat water? Nou ja, huiskatte geniet dit nou nie juis
om nat pote te hê nie, maar vir die visvanger-kat is ’n
paar ou druppeltjies niks as hy ’n smaaklike vars vis kan kry
nie. Die visvanger-kat woon in moerasse en vleierige gebiede in
Suidoos-Asië, waar hy voëls, muise, slange, paddas en krappe
jag. Hy sit ook baiemaal op rotse wat bokant die water uitsteek en
skep dan sommer sy visse so met sy pote uit die water uit.
Maar as die vis nie na die kat toe kom nie, moet die kat inplons
en na die vis toe gaan. Sy kloue is deels geweb, bra soos ’n
eend s’n, om hom te help swem. Die visvanger-kat is darem nie so
uniek in die katfamilie nie. Daar is ook enkele ander wat
uitmuntende swemmers is.
Die visvanger-kat is omtrent 80 cm lank, sy stert uitgesluit. En
op sy lyf is daar kenmerkende rye kolle.
|
Tiere-maniere
VAN
agter ’n knoetserige boom beloer die tier sy prooi... die een poot, pure
kat, teen die lyf opgetrek. Doodstil. So gespanne soos ’n
snaar. In die vroeë môre is die hert van die Asiatiese bos ongetwyfeld ’n
bok des doods. Wanneer die tier hom uiteindelik bespring en die kake in
die weerlose takbok se vleis wegsink, moet die deur skrik verlamde
slagoffer dan ook vir seker weet dat hy geen kans het nie. Sy einde kom
genadiglik gou.
Anders
as jagluiperds of leeus wat hul prooi inhardloop, jag tiers deur dit te
bekruip. Hulle jag ook alleen—snags, of vroeg in die oggend, en slaap
bedags. Hulle kan immers ses keer beter as mense in die donker sien, word
vertel. En in digte kreupelhout bied hul kleur—’n grondbruin met swart
strepe—’n doeltreffende kamoeflering, selfs al is hulle so groot.
Gróót,
het ons gesê. Ja-nee, dit is hulle beslis. Trouens, omdat die grootste
tiers groter as die grootste leeus is, word die tier (Panthera tigris) as
die grootste kat ter wêreld beskou. Die swaarste soort, die Siberiese
tier, kan meer as 225 kg weeg. Daarteenoor weeg ’n pasgebore tierwelpie
net ongeveer 1 kg.
Ware
tiers word slegs in Asië aangetref, van die yswoestyne van Siberië tot
in die stomende woude van Indonesië. Tiermannetjies woon alleen en deel
nie hul habitat met ander tiers nie. Jong tiers bly by hul ma todat hulle
so twee, drie jaar oud is en gaan vind dan hul eie woongebiede.
Net
soos die visvanger-kat waarvan hierbo vertel is,
is tiers ook nie bang vir water nie, maar bad hulle soms in koel
waterpoele of riviere. Hulle is ook goeie swemmers.
Fantastiese
diere, almal van hulle! Maar hul voortbestaan is in groot gevaar. Kort
voor die jongste eeuwisseling is geraam dat slegs 5 000 tot 7 400 tiers
nog buite gevangenskap lewe, terwyl daar in die begin van die twintigste
eeu net in Indië 40 000 was. Drie tiersubspesies het in die afgelope
sowat sewentig jaar uitgesterf; daar is nog vyf subspesies oor.
Die
grootste bedreiging vir tiers is die vernietiging van hul habitat deur die
mens, wildstropery en die onwettige handel in tierdele wat in die maak van
tradisionele Chinese medisyne gebruik word. Die tier se brein word
byvoorbeeld as “medisyne” teen puisies en luiheid gebruik, terwyl die
oogballe teen malaria en katarakte ingespan word. Die stert word gebruik
vir velsiektes en die bloed om konsuis die wilskrag te verhoog.
Daar
is glo ook bewyse dat Russiese misdadigers al Siberiese tiers doodgemaak
en dele daarvan na die Verre Ooste en Westerse lande gesmokkel het.
Lewende tierwelpies, wat tienduisende
rande stuk haal, word oor die grens gesmokkel en geslag wanneer hulle
volgroei is. Daar word dikwels op die wreedste wyse van die lewende diere
medisyne gemaak.
As
die majesteitlike tier moet uitsterf weens die toedoen van gierige en
gewetenlose mense, sê ’n besorgde natuurliefhebber, sal ons nakomelinge
die geslag van vandag dit seker nie maklik vergewe nie.
|