n Laslappie van Mieliestronk

WEERDIENS IN SUID-AFRIKA

INLIGTING oor die weer word in Suid-Afrika aan die algemene publiek en belanghebbende instansies verskaf deur die SA Weather Service (SA Weerdiens). Indien jy internet-toegang het, kyk Engelse webblad by http://www.weathersa.co.za/Corporate/History.jsp

Die SAWS het op 15 Julie 2001 n openbare entiteit geword kragtens die Suid-Afrikaanse Weerdienswet, Wet no. 8 van 2001. Dit is n regeringsagentskap, wat onder die Minister van Omgewingsake en Toerisme ressorteer en deur n raad bestuur word.

Die weerkundige diens word reeds meer as 140 jaar lank in Suid-Afrika verskaf, vroer onder verskillende regeringsdepartemente soos die toenmalige Department van Besproeiing (1912), Department van Verdediging (n 1940) en Department van Vervoer (1949). In die 1980s is dit na die Departement van Omgewingsake en Toerisme verskuif, waaronder dit in 2001 tot n regeringsagentskap omskep is.

Die hoofkantoor van die SAWS is te Bolepi House, Rigellaan-Suid 442, Erasmus Rand. Altesaam 22 weerkantore is deur die land versprei, met streekvoorspellingskantore by lughawens. Almal werk saam om daagliks omvattende inligting oor die weer te voorsien.

Die Weerdiens kan tot 360 personeellede in diens h, van wie meer as die helfte in die Pretoriase hoofkantoor is. Die volgende stasies sorg vir bykomende waarneming:

120 outomatiese weerstasies
132 klimaatstasies
1600 renvalstasies
30 seetemperatuurstasies
30 vrywillig waarnemende skepe
40 weerboeie ter see in die Suidelike Atlantiese Oseaan en Suidelike Indiese Oseaan

Die SAWS is die gesaghebbende stem oor ernstige weer- en klimaatsveranderings in Suid-Afrika. Dit beheer ook die Lugvaart- Weerkundige Sentrum, n toegewyde weerdiens vir die lugvaartbedryf, vanuit die Johannesburgse Internasionale Lughawe en n mariene weervoorspellingsdiens vir die groot oseane om Suid-Afrika en tot by Antarktika.

Kragtens wet bied die organisasie twee afsonderlike soorte dienste: dienste aan die publiek danksy befondsing deur die regering, asook kommersile dienste waarvoor hy betaal word.

As een van die grootste weerkundige dienste in Afrika, werk die SAWS nou saam met buurlande, die res van Afrika en ander weerkundige dienste wreldwyd. Hy is n lid van die Wreld- Weerkundige Organisasie (die  World Meteorological Organization of WMO).

Mense en instansies wat deur die media (radio, TV en koerante) en andersins kan verneem wat die weer vir hulle inhou, is:

                                 Die algemene publiek

                                 Vlieniers

                                 Boere

                                 Hengelaars

                                 Branderryers

                                 Tuiniers

                                 Vakansiegangers

                                 Sportentoesiaste

                                 Beplanners van byeenkomste

                                 Winkels

                                 Restaurante

                                 Roomysverkopers

                                 Bouers

                                 Konstruksiewerkers

                                 Rolprentmakers

                                 Duiweboere

                                 Verskillende regeringsdepartemente

                                 Ander lande in Suidelike Afrika

                                 Die versekeringsbedryf

                                 En hoeveel ander

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad