n Laslappie van Mieliestronk

WATER: Pret met die
vloeistof van die lewe

Naald dryf op waterDie drywende naald

  DIT lyk of water met n dun film bedek is. Plaas n dro naald op n vurk en druk die vurk saggies in die water. Die naald behoort bo te dryf. Hierdie eienskap van water word die oppervlakspanning genoem. Raak nou aan die water met n stukkie seep. Die seep verminder die oppervlakspanning. Die naald sink.

Die bootjie wat met seep beweeg

Bootjie wat met seepkrag werk  JY kan n bootjie van papier of karton met seep-krag laat beweeg. Heg n stukkie seep aan die agterstewe en laat dit stil op die water dryf. Die seep verminder die oppervlakspanning agteren die spanning voor trek dit vorentoe.

Andersins kan jy sommer een van daardie nuwerwetse soort plastieksluitertjies as 'n bootjie gebruikdie sluitertjies wat n mens byvoorbeeld aanwend om die plastieksakke te versel waarin reeds gesnyde brode verkoop word. In hierdie geval kan n vloeibare skottelgoedwasmiddel as die dryfmiddel.gebruik word.

Plaas die sluitertjie versigtig op die wateroppervlak sodat dit daarop dryf. Druk n vuurhoutjie in die skottelgoedwasmiddel en plaas n druppetjie van die wasmiddel in die sluitertjie se gaatjie. 

Woerts! Daar gaan jou bootjie... Waarom? Die skottelwasmiddel verlaag die oppervlakspanning van die water naby die sluitertjie, maar die omringende water het n ho oppervlakspanning en oefen n krag uit wat die sluitertjie van die wasmiddel af wegtrek.

Die eier wat met behulp van sout begin dryf

Hoe n eier met behulp van sout begin dryf

Hoe n muntstuk wat buite sig is weer in water verskynDie verdwene muntstuk wat in water verskyn

  ONS sien nie deur water soos deur lig nie, omdat water ligstrale buig. Plaas n piering op n tafel en sit n muntstuk in die middel van die piering. Buk af sodat jy die rand van die piering kan sien, maar nie die muntstuk nie. Laat iemand nou baie versigtig water in die piering gooi. Die muntstuk verskyn!

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad