ín Laslappie van Mieliestronk

WATERWIEL:
WaterwielEnergie vir graan maal, hout saag en baie meer
 
Water vloei vanweŽ swaartekrag altyd van ín hoŽr geleŽ plek na ín laer geleŽ plek. Gevolglik kan die krag van afwaarts vloeiende water ingespan word... deur dit oor (of onderdeur) ín wiel te lei wat dan in die rondte draai as gevolg van die krag van die vallende water...
 
Waterwiel, ratte en turbine
   
DIE gebruik van water as ín dryfkrag dateer terug tot ten minste die Griekse en Romeinse beskawings van die Oudheid. In antieke tye en die Middeleeue was waterkrag blykbaar grootliks beperk tot besproeiing en om graan te maal sodat meel verkry kon word om brood te bak.
 
Plek-plek is waterwiele ook vir ander dinge gebruik, byvoorbeeld om hout te saag. In Suid-Afrika, met sy beperkte waterbronne, kon die watermeul egter nie eens naastenby so gewild word as in ons Europese stamlande soos Nederland en Duitsland nie. (Vir die vroeŽre setlaars moet dit voordeliger gelyk het om windmeulens te gebruikódie Kaap is immers bekend vir sy wind. Dink maar aan Mostert se beroemde meul en die minder bekende een wat vandag nog te sien is op die terrein van die Alexandra-sentrum vir verstandelik gestremdes in die voorstad Maitland.)

Die beginsels van die waterenergie is eenvoudig. Basies maak ín waterkragstelsel gebruik van die potensiŽle energie wat in water geberg is wat op ín hoŽr vlak lÍ, en verander dit in kinetiese energie deur sy natuurlike val te beheer. Water word op ín sekere hoogte uit ín rivier gelei en na ín punt gebring waar dit na ín laer vlak kan val. Metdat dit val, vul dit die bakke in ín waterwiel en die gewig van die water in die bakke laat dan die wiel in die rondte draai.

Vallende (of lopende water) kan ook turbines laat draai om elektrisiteit op te wekósodat vandag se reusagtige hidroŽlektriese kragsentrales as ďkindersĒ van die eenvoudige ou waterwiel beskou kan word.

Waterwiel

BO: Hier loop die water in ín voor aan die onderkant van die wiel deur, pleks deur van bo af daarop te val, maar die beginsel is dieselfde.

 


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad