n Laslappie van Mieliestronk

Dis ’n eeue-oue kuns om die stewige houer van eikehout te maak waarin die vog van die druif verouder word

’N VAT VIR DIE WYN

Eikehoutvat

Foto: U.S. Department of Agriculture

WYN ontstaan wanneer vars druiwesap op ’n natuurlike manier gis, soos elders op die Mieliestronk-werf vertel word. Die tipe wyn hang van verskillende faktore af, soos die soort druif wat gebruik en die manier waarop die gistingsproses beheer word. Wyn kan ook in byvoorbeeld bottels verouder, maar eweneens in houtvate.

Met houtvate is die grootte daarvan en die soort eikehout van groot belang in die verouderingsproses, omdat wyn sekere geure uit die hout opneem.

Die plek waar houtvate gemaak word, word ’n kuipery genoem. Dit is ’n gespesialiseerde bedryf, ook een van die oudstes in ons land, soos beoefen deur sekere Kaapse Maleiers. Omdat Suid-Afrikaanse eikehout egter nie deur vooraanstaande wynmakers as geskik vir wynvate beskou word nie—die akkerbome groei naamlik in ons klimaat te vinnig—word hul vate van Frankryk af ingevoer, waar die bedryf omtrent al vervolmaak is.

Hieronder word stap vir stap vertel hoe die bome gekweek en gevel en die vate in só ’n kuipery vorm aanneem:

 

Die boom Quercus petraea waarvan die hout verkry word vir die maak van Franse eikehoutvate

BO: Die boom Quercus petraea waarvan die hout verkry word vir die maak van Franse eikehoutvate.

Foto deur “Arnaud 25”, wat dit by Wikimedia Commons op die węreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released into the public domain”)


•   In die plantasie word die afkap van ou en die plant van nuwe bome noukeurig beheer.
•   Bepaalde eike word gevel en lę gereed vir verwerking. Die beste hout word as fineer gebruik, die naasbeste vir meubels en vate, en die res as brandhout. Die kuipery koop wat hy nodig het by die plantasie.
•   Daar is houtstapels by die kuipery. Die aangekoopte hout kan naamlik nie sommer dadelik vir die maak van vate gebruik word nie, maar moet eers drie jaar lank gelaat word om droog te word.

Hout vir die maak van vate Houtduie vir ’n vat

Foto links bo: : U.S. Department of Agriculture; regs bo: MSKARG


•   Ná die drie jaar word die houtduie (enkelvoud duig) tot die verlangde lengte gesaag en begin ons vat vorm kry binne-in hoepels. Vandag se kuipers maak ook van meganiese hulpmiddels gebruik. Slegs ’n handvol dekades gelede nog is alles met die hand gedoen. Die maak van vate met duie en hoepels verg groot vaardigheid. Die duie word eers in ’n hoepel staan gemaak en die ander hoepels word met verdrag om die vat ingehamer...

’n Vakman in ’n kuipery besig om ’n vat te maak ’n Halfvoltooide vat

Foto links bo: U.S. Department of Agriculture; foto regs bo deur  “Bigsus”, wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die węreldwye web uitgeplaas en gelisensieer het ingevolge die  Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0-liensie, waarvolgens deling en die skep van afgeleide werke op sekere voorwaardes vergun word


•   Ook vuur kom by—enersyds om die hout buigbaar te maak, andersyds om die geur in die eikehout uit te bring...

Die vat word ook met vuur bewerk

Foto met dank en erkenning verkry van die blog van Don Genova by http://pacificpalate.typepad.com

•   Ronde deksels kom aan weerskante van die vat. Nuwe, permanente hoepels word ook aangebring.

•   Ná die boor van die spongat (waar die prop kom) en die laaste afrondingswerk is die vat reg om verskeep te word.

Vatdeksel, spongat, hoepel en spon (prop van die vat)


•   En uiteindelik is die eikehoutvate by die wynland!

Eikehoutvate by die wynland

Foto: FAS / U.S. Department of Agriculture

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad