Afdeling
1 [
A
— D
]
VOORAF: Met die
oorgang van Suid-Afrika na ’n nie-rassige demokrasie—en die
onmiskenbare neiging tot verengelsing op verskillende terreine—het
die gebruik van Afrikaans veral op amptelike en formele gebied verskraal. Waar
nuwe instansies voorheen telkens ook Afrikaanse name en afkortings sou
gekry het, word in die huidige bedeling dikwels slegs met die Engelse
name en afkortings volstaan. In ons lys het ons sekere van die
laasgenoemde plek-plek gevoeg by bestaande lyste van erkende
Afrikaanse afkortings, omdat die tendens tot anglisering ongelukkig
nie geïgnoreer kan word nie. Ook baie Afrikaanstaliges sal immers wil
weet waarvoor byvoorbeeld die akroniem SALT nou eintlik staan—die
naam van die groot nuwe teleskoop by Sutherland.
Ter wille van hul
historiese belang is heelparty verouderde afkortings egter ook in ons
lys behou. Mieliestronk.com ontvang nietemin graag bydraes oor die
afkortings vir die name van groot nuwe instansies sodat ons dit kan
bygevoeg.
Die jongste
afkortingslys, asook die voorlaaste een, van die Taalkommissie van die
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is deur ons as grondslag gebruik,
maar beslis nie presies nagevolg nie. Verskillende verklarings vir
dieselfde afkorting is byvoorbeeld meermale eerder volgens hul
waarskynlike gebruiksfrekwensies gerangskik as alfabeties. Wat onses
insiens moontlik die algemeenste verklarings is, is dus in baie
gevalle (maar tog ook nie oral nie) eerste geplaas.
Ons
lys is omvattend, maar geen lys van hierdie aard kan natuurlik ooit
"volledig" wees nie. Daarvoor is ’n lewende taal soos
Afrikaans doodeenvoudig aan te veel invloede, strome, verouderings en
vernuwings onderhewig.
VRYWARING:
Sorg is aan die dag gelê om foute uit ons lys te weer, maar die
samestelling was ’n groot taak vir ’n webwerf met beperkte
mannekrag , en die
gebruiker sal besef dat glipse menslikerwys kon ingesluip het. Regtens moet Mieliestronk.com dit dus pertinent hier stel dat ons nie
verantwoordelik gehou kan word vir enige verlies, skade, benadeling of
geldelike uitgawe wat kan volg uit enige gebruik van of staatmakery op
die inligting wat met hierdie diens verskaf word nie en dat ons nie
die eksaktheid, akkuraatheid en volledigheid van die verstrekte
inligting waarborg nie.
A
a.
aan;
annum
a.
(ook
art.) artikel
A
ampère
Å
ångström
A1, A2, A3,
ens. Kodes ter aanduiding van papiergrootte
a.a.
afskrif
aan, afskrifte aan
AA
Automobiel-Assosiasie;
Alkoholiste Anoniem; aftree-annuïteit
AAK
Algemene
Armesorgkommissie
aanb.
aanbod
aand.
aandeel
aanget.
aangeteken,
aangetekende
aanh.
aanhaling;
aanhangsel
aank.
aankoms
aanm.
aanmerking
aansl.
aansluitend,
aansluitende; aansluiting
aant.
aantekening;
aantonend,
aantonende
aanvr.
aanvraag
aanw.
aanwysing;
aanwysend,
aanwysende; aanwyser
aanw.vnw.
aanwysende
voornaamwoord
aardk.
aardkunde; aardkundig, aardkundige
aardr.
aardrykskunde;
aardrykskundig,
aardrykskundige
a.asb.
(ook
antw.asb.) antwoord asseblief
ab.
afgebring
a.b.
aan
boord
AB
afleweringsbrief; Algemeenbeskaafd,
Algemeenbeskaafde
ABASA
Engelse
akroniem vir Vereniging vir die Bevordering van Swart Rekenmeesters in
Suid-Afrika
ABC
(ook abc) alfabet
abl.
ablatief
ABM
antiballistiese
missiel
ABO
Anglo-Boereoorlog
abs.
absoluut,
absolute
ABSA (ook Absa)
Amalgameerde Banke van Suid-Afrika
abstr.
abstrak,
abstrakte
ABV
afstandbeheerde
voertuig;
afstandbeheerde vliegtuig
Ac
simbool
vir aktinium (element)
AC
Anno Christi (van die Christelike tydrekening, in die jaar van
Christus)
ACDP
African Christian Democratic Party
ACVV
Afrikaanse
Christelike Vrouevereniging
a.d.
aan die; a dato (vanaf datum); ante diem (voor die dag)
ad. adagio (stadig, sag, bedaard, in musiek)
AD
Anno Domini (in die jaar van ons Here, dieselfde as n.C.)
AD
(ook
adj.dir.) adjunkdirekteur
adb.
adelbors
ADC
aide de camp, ook aide-de-camp (persoonlike adjudant van
’n hoë offisier of vorstelike persoon)
ADG
adjunk-direkteur-generaal
a.d.h.v.
aan
die hand van
ad
inf. ad
infinitum
(tot in die oneindige)
adj.
adjektief;
adjektiwies, adjektiwiese
adj.dir.
(ook
AD) adjunkdirekteur
adj.min.
adjunkminister
adjt.
adjudant
ad
lib. ad
libitum
(na goedvinding)
ad
loc. ad
locum
(op die aangehaalde plek)
adm.
admiraal
admin.
administrasie;
administratief,
administratiewe
adv.
advokaat;
advies;
adverbium;
adverbiaal, adverbiale
ad
val. ad
valorem
(volgens waarde)
advis.
adviseur
advt.
advertensie;
adverteerder
AE
astronomiese eenheid
aet.
aetis
(in die ouderdom van, oud)
afb.
afbeelding
afd.
afdeling
afdb.
afdelingsbestuur
aff.
affiks
afh.
afhanklik,
afhanklike
afk.
afkorting
afl.
aflewering;
afleiding
AFP
Agence France-Presse (persagentskap gesetel in Frankryk)
Afr.
Afrikaans (die
taal); Afrika;
Afrikaans, Afrikaanse (van of uit Afrika)
Afr.
en Ndl. Afrikaans
en Nederlands
afs.
afsender
Ag
simbool
vir silwer (element)
AG
adjudant-generaal; advokaat-generaal;
administrateur-generaal;
agb.
agbare
AGS
Apostoliese Geloofsending
agterv.
(ook
av.) agtervoegsel
a.g.v.
as gevolg van
AHI
Afrikaanse Handelsinstituut
a.i.
ad interim (waarnemend; vir die tussentyd)
AIO
Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling
AJV
algemene jaarvergadering
akad.
akademies,
akademiese
Akad.
Akademie
akk.
akkusatief
akku.
akkumulator
aks.
akseptasie;
aksepteer
al.
alias (anders, met die ander naam);
alinea (nuwe reël in drukwerk, deel wat met ’n nuwe reël
begin)
Al simbool
vir aluminium (element)
alg.
algemeen, algemene; algebra; algebraïes, algebraïese
allo.
allegro
(vinnig,
vrolik, lewendig in musiek)
ALV
Afrikaanse
Letterkundevereniging
alm.
alarm
alv.
alveolêr,
alveolêre
ALW
algemene
literatuurwetenskap
Am
simbool vir amerikium (element)
Am.
Amos (Bybelboek)
AM
amplitudemodulasie
AMDG
ad
majorem Dei gloriam
(vir
die groter glorie van God)
Amer.
Amerika;
Amerikaans, Amerikaanse
ammu.
ammunisie
AMV
afwesig met verlof
anal.
analise;
analogie
anat.
anatomie; anatomies, anatomiese
ANC
African National Congress
and.
andante
(gematig, langsaam in musiek)
Angl.
Anglikaans,
Anglikaanse
Angl.
(ook
angl.) Anglisisme;
Anglisisties, Anglisistiese (of anglisisme;
anglisisties, anglisisties)
anon.
anoniem,
anonieme
anorg.
anorganies,
anorganiese
ant.
antoniem; antonimies, antonimiese
antropol.
antropologie;
antropologies, antropologiese
antw.
antwoord
antw.bet.
antwoord
betaal, antwoord betaalde
ao.
(ook AO) adjudant-offisier
Ao.
anno (in die jaar)
AOTH
Algemene Ooreenkoms oor Tariewe en Handel
AP
Associated
Press
(’n internasionale persagentskap)
APK
Afrikaanse Protestantse Kerk
app.
appellant
appl.
applous;
applikant;
applikasie
Apr.
April
aq.
aqua (water)
Ar
simbool
vir argon (element)
AR
appèlregter
Arab.
Arabië;
Arabies; Arabiese
aragnol.
aragnologie;
aragnologies, aragnologiese
Aram.
Aramees,
Aramese
arb.
arbeid; arbeider
arg.
argaïsme; argaïes, argaïese; argaïsties, argaïstiese
Arg.
Argentinië; Argentyns, Argentynse
argeol.
argeologie;
argeologies, argeologiese
argit.
argitektuur; argitektonies, argitektoniese
Arm.
Armenië; Armeens, Armeense, Armenies,
Armeniese
art.
artikel; artillerie
as
attosekonde
as.
aanstaande
As
simbool vir arseen (element)
As.
Angel-Saksies, Angel-Saksiese
ASA
Atletiek
Suid-Afrika
asb.
asseblief
ASB
Afrikaanse Studentebond
ASCII
American Standard Code for Information Interchange (Amerikaanse
standaardkode vir die uitruiling van inligting)
ASK
Algemene Sendingkommissie; Algemene
Sinodale Kommissie
ass.
assessor; assosiaat
Ass.
Assirië; Assiries; Assiriese
asst.
assistent
asst.sekr.
assistentsekretaris
assur.
assuransie
AST
Atlantiese
Standaardtyd
astrol.
astrologie;
astrologies, astrologiese
astron.
astronomie;
astronomies, astronomiese
a.s.v.
(ook ASV) alle soorte vrag
ASV
afwesig sonder verlof
At
simbool vir astaat (element)
ATA
Afrikaanse
Taalatlas
ATKV
Afrikaanse
Taal- en Kultuurvereniging
atl.
atletiek
atm.
atmosfeer
(waar verwys word na die gasomhulsel om die aarde); atmosferies,
atmosferiese
attr.
attributief,
attributiewe
ATW
algemene taalwetenskap
Au
simbool
vir goud (element)
AU
Afrika-unie
(voorheen die OAE of Organisasie vir Afrika-eenheid)
Aug.
Augustus
Austr.
Australië;
Australies, Australiese
av.
(ook
agterv.) agtervoegsel
AVB
algemene verkoopbelasting
avdp.
avoirdupois
(handelsgewig,
Franse woord uitgespreek awoeaarduupwa)
a.w.
aangehaalde werk
AWA
agterwielaandrywing; alwielaandrywing
AWB
Afrikaner-Weerstandsbeweging
AWS
Afrikaanse woordelys en spelreëls
AZAPO (ook Azapo) Azanian People’s Organisation
B
b.
baie; breedte
b.
(ook geb.) geboul (in krieket)
b.
(ook bn.) biljoen
B
bel (eenheid van geluid); simbool
vir boor (element)
B.
(ook B) Baccalaureus (laagste akademiese graad aan SA,
Amerikaanse en Britse universiteite)
Ba
simbool
vir barium (element)
BA
bankaksep, bankaksepte
B.A.
(ook BA) Baccalaureus Artium
badk.
badkamer,
badkamers
B.Admin.
(ook
BAmin) Baccalaureus Administrationis
B.A.(Ed.)
(
ook BA(Ed) ) Baccalaureus
Artium (Educationis)
B.Agric.
(ook
BAgric) Baccalaureus Agriculturae
B.A.Hons.
(
ook BAHons of B.A.(Hons.) of BA(Hons) ) Baccalaureus
Artium Honores
bakteriol.
bakteriologie;
bakteriologies,
bakteriologiese
bal.
balans
bar.
bariton; barometer;
barometries, barometriese
B.Arch.
(ook
BArch) Baccalaureus Architecturae
B.Art.
et Scien. (ook
BArt. et Scien) Baccalaureus Artium et
Scientiae
B.A.Soc.
(ook
BASoc) Baccalaureus Artium Societatis
B.A.(Soc.Sc.)
(
ook BA(Soc Sc) ) Baccalaureus Artium
(Socialis
Scientiae)
batt.
(ook
bty.) battery
BAV
buitengewone algemene vergadering
bb.
bankbiljet
BB
burgerlike
beskerming;
binnelandse
beveiliging;
betalingsbalans
b.b.a.
(ook
BBA) betaling by aflewering
BBB
bruto binnelandse besteding
BBC
British Broadcasting Corporation (Britse uitsaaikorporasie)
BBBG
Britse
en Buitelandse Bybelgenootskap
B.Bibl.
(ook
BBibl) Baccalaureus Bibliothecologiae
BBP
baie belangrike persoon; bruto
binnelandse produk
B.Ch.D.
(ook
BChD) Baccalaureus Chirurgiae Dentium
B.Com.
(ook Bcom) Baccalaureus Commercii
B.Compt.
(ook
BCompt) Baccalaureus Computationis
B.Cur.
(ook
BCur) Baccalaureus Curationis
b.d.
by
die
bd.
boulevard
B.D.
(ook
BD) Baccalaureus
Divinitatis
BD
besturende direkteur;
bloeddruk
bde.
brigade
B.Diac.
(ook
BDiac) Baccalaureus Diaconiologiae
bdr.
bombardier
B.Dram.
(ook
BDram) Baccalaureus in die Drama
Be
simbool
vir berillium (element)
B.Econ.
(ook
BEcon) Baccalaureus Economiae
B.Ed.
(ook
BEd) Baccalaureus
Educationis
B.Ed.Ph.
(ook
BEdPh)
Baccalaureus
Educationis
Physicae
bedr.
bedrag; bedryf;
bedrywend, bedrywende
beeldh.
beeldhoukuns
beh.
behorende
Belg.
België;
Belgies, Belgiese
B.
en A.
besigheidsbestuur en -administrasie
bep.
bepaling;
bepaald, bepaalde
bep.lw.
bepaalde
lidwoord
Ber.Ps.
Berymde
Psalm
bes.
besonder,
besondere;
besending; besitlik,
besitlike
BeS
bevare seeman
besk.
beskuldigde
best.
bestelling;
bestuur;
besturende; bestaande
bes.vnw. besitlike
voornaamwoord
bet.
betaal, betaalde; betekenis; beteken
betr.
betrekking;
betreklik, betreklike
betr.vnw.
betreklike
voornaamwoord
bev.
bevolking;
bevelvoerder
bew.
bewaarder;
bewerking;
bewerker
BFW
behoudens
foute en weglatings
bg.
bogenoemde
b.g.
beurt gesluit (in krieket)
BG
bevelvoerende
generaal
BGS
besturende gesondheidsorg
BGSA
Bybelgenootskap
van Suid-Afrika
BH
Buro
vir Heraldiek
BHF
baie hoë frekwensie
B.Huish.
(ook
Bhuish) Baccalaureus in die Huishoudkunde
Bi
simbool
vir bismut (element)
bibl.
biblioteek;
biblioteekkunde
B.Ing.
(ook BIng) Baccalaureus
Ingeneriae
biochem.
biochemie;
biochemies, biochemiese
biofis.
biofisika;
biofisies, biofisiese
biol.
biologie;
biologies, biologiese
B.Jur.
(ook
BJur of B.Juris of BJuris) Baccalaureus Juris
bk.
boek;
bank
b.k.
bokas
Bk
simbool
vir berkelium (element)
BK
beslote
korporasie;
beeldende
kunste;
Baptistekerk; belydende
kring
b.kw.
buitekwartier, buitekwartiere
bl.
bladsy
B.L.C.
(ook
BLC) Baccalaureus Legis Communis
BLF
baie
lae frekwensie
B.Litt.
(ook
BLitt) Baccalaureus Litterarum
BLO
Burgerlike Lugvaartowerheid
bls.
balansstaat
BM
Breë Moderatuur; Burgermag
B.M.
(ook BM) Baccalaureus
Medicinae
B.Mil.
(ook
BMil) Baccalaureus Militaris
bmn.
bootsman
BMT
bus en minibustaxi
B.Mus.
(ook
BMus) Baccalaureus
Musicae
BMX
bicycle motocross
bn.
bataljon
bn.
(ook b.) biljoen
b.n.
by name
BNI
bruto nasionale inkomste; Brandstofnavorsingsinstituut
BNP
bruto
nasionale produk
b.nw.
byvoeglike naamwoord
b.o.
blaai
om;
bed en ontbyt
BO
bevelvoerende
offisier
bod.
bodemkunde
boekb.
boekbindery
boekdr.
boekdrukkuns
boekh.
boekhou;
boekhouding; boekhandel
B.Optom.
(ook
BOptom) Baccalaureus Optometriae
bosb.
bosbou
bot.
botanie; botanies, botaniese
Bot.
Botswana
bouk.
boukunde;
boukundig, boukundige
bourek.
(ook BR) bourekenkunde; bourekenkundig, bourekenkundige
B.Paed.
(ook
BPaed) Baccalaureus Paedagogiae
B.Pharm.
(ook
BPharm) Baccalaureus Pharmaciae
Bpk.
Beperk
BPO
bevelposoffisier
B.Proc.
(ook
BProc) Baccalaureus Procurationis
br.
breedte; breedtegraad; broer;
broeder
Br
simbool
vir broom (element)
Br.
Brits,
Britse
BR
(ook
bourek.) bourekenkunde; bourekenkundig, bourekenkundige
B.Rad.
(ook BRad) Baccalaureus in Radiografie
Bras.
Brasilië;
Brasiliaans, Brasiliaanse
brig.
brigadier;
brigade
brig.genl.
brigadiergeneraal
br.
in X
broeder
in Christus
Brit.
Brittanje
bro.
(ook bt.) bruto
bs.
baasseeman
bs.
(ook
bst.)
bostaande
b.s.
bo seespieël
BSA
Besigheid Suid-Afrika
BSAHB
behalwe
soos anders hierin bepaal
BSB
biologiese suurstofbehoefte
B.Sc.
(ook BSc) Baccalaureus Scientiae
B.Sc.Agric.
(ook
BScAgric) Baccalaureus Scientiae Agriculturae
B.S.
en S.
(ook BS en S) Baccalaureus in Stads- en Streekbeplanning
B.Soc.Sc.
(ook BSocSc) Baccalaureus
Societatis Scientiae
BSS
Britse
standaardspesifikasie
bst.
(ook bs.) bostaande
BSW
buitesintuiglike
waarneming
bt.
(ook bro.) bruto
Bt. Baronet
BTE
Britse termiese eenheid
B.Th.
(ook
BTh of B.Theol. of BTheol) Baccalaureus
Theologiae
BTW
belasting
op toegevoegde waarde
bty.
(ook
batt.) battery
burg.
burgemeester;
burgemeesteres
BUVO
Buro
vir Universiteits- en Voortgesette Onderwys
bv.
byvoorbeeld
BV
Bevelsvoertuig
BVK
bruto voortplantingskoers
BVM
bruto
voertuigmassa
b.v.p.
been voor paaltjie (in krieket)
B.V.Sc.
(ook
BVSc) Baccalaureus Veterinariae
Scientiae
bw.
(ook byw.) bywoord; bywoordelik, bywoordelike
bw.
(ook BW) bestelwa
BW
betaalbare
wissel
BWD
Bond
teen Wreedheid teenoor Diere
Byb.
Bybel; Bybels, Bybelse
byg.
bygaande
byl.
bylae, bylaag
byskr.
byskrif
byv.
byvoeglik, byvoeglike; byvoegsel
byw.
(ook bw.) bywoord; bywoordelik, bywoordelike
C
c
sent; senti-
c.
contra
c.
(ook ca.) circa (ongeveer,
omstreeks)
C
Celsius (temperatuurskaal);
simbool
vir koolstof (element); Romeinse 100; coulomb
(eenheid van kwantiteiit van elektriese lading)
°C
graad (grade) Celsius
ca.
(ook
c.) circa (ongeveer, omstreeks)
Ca
simbool
vir kalsium (element)
CADCAM
computer-aided design and (computer-aided) manufacture (rekenaargesteunde
ontwerp en vervaardiging)
cal
kalorie
cap.
(ook
per cap.) per capita (per
persoon)
CAT
computerised axial tomography (gerekenariseerde
aksiale tomografie, in die geneeskunde)
cc
kubieke sentimeter
cd
kanmdela
Cd
simbool
vir kadmium (element)
CD
kompakskyf
(uit die Engelse afkorting vir compact disc, ’n
volkome ingeburgerde eietydse ontlening); Corps Diplomatique
(diplomatieke korps)
CD-ROM
compact
disc read-only memory (kompakskyf met leesalleengeheue—’n
CD met data wat by die rekenaar gebruik word, nie ’n CD vir die
musiekspeler nie)
Ce
simbool
vir serium (element)
cet.par.
ceteris
paribus (ander
dinge gelyk synde)
cf.
confer; conferatur (vergelyk)
Cf
simbool
vir kalifornium (element)
cg
sentigram
CGH
Casteel
de Goede Hoop-dekorasie
Ch.B.
(ook ChB) Chirurgiae Baccalaureus
chem.
chemie;
chemies, chemiese
Chin.
Chinees,
Chinese
chir.
chirurgie;
chirurgies, chirurgiese
Ch.M.
(ook ChM) Chirurgiae Magister
CHO
Christelike Hoër Onderwys
Chr.
Christus
Ci
curie (eenheid vir die meting van radioaktiwiteit)
CIA
Central Intelligence Agency (Amerikaanse Intelligensiediens)
CIC
Corpus Iuris Civilis (die liggaam van Romeinse siviele reg)
cℓ
sentiliter
Cl
simbool
vir chloor (element)
cm
sentimeter
Cm
simbool
vir curium (element)
CMR
Christelike Maatskaplike Raad
CNN
Cable News Network
CNO
Christelik-nasionale
onderwys
Co
simbool
vir kobalt (element)
con.
contra
corr.
corrigenda
(verbeteringe)
cos
cosinus
COSATU
(ook
Cosatu) Congress of South African Trade Unions
cosec
cosecans
cot
cotangens
c.q.
casu quo (in watter geval)
Cr
simbool
vir chroom (element)
cresc.
crescendo
(toenemend
in sterkte, in musiek)
c.s.
cum suis (met sy maats)
Cs
simbool
vir sesium (element)
CSV.Christenstudentevereniging
Cu
simbool
vir koper (element)
CV
(ook
cur.vit.) curriculum vitae (stuk met besonderhede oor
iemand se lewe, loopbaan, kwalifikasies en prestasies)
CVJD
Christelike
Vereniging vir Jong Dames
cwt.
centiweight (gewigseenheid)
D
d
desi-
d.
dag;
diesel;
dogter;
dikte;
denarius
(antieke Romeinse silwermunt—die d. is ook gebruik as
afkorting vir ’n pennie in ou SA en Britse geld)
d.
(ook
dr.) deur
D
Romeinse 500
D.
Duits, Duitse
da
deka-
DA
Demokratiese Alliansie; dokumente teen akseptasie
D.Admin.
(ook
DAdmin) Doctor Administrationis
dakk.
dakkamer,
dakkamers
DALRO
(ook
Dalro) Dramatiese, Artistieke en Letterkundige
Regte-organisasie
dam
dekameter
daN
dekanewton
Dan.
Daniël
dankb.
dankbetuiging
dankw.
dankwoord
D.Arch.
(ook
DArch) Doctor Architecturae
dat.
datum;
datief
dB
desibel
DB
debietbrief;
dokumente teen betaling
D.Bibl.
(ook DBibl) Doctor
Bibliothecologiae
dbl.
dagblad
DBM
duikbootgelanseerde
ballistiese missiel
DBV
Dierebeskermingsvereniging
DC
da capo (van die begin af herhaal, in musiek); District
of Columbia
(Distrik Columbia,
federale distrik waar die Amerikaanse hoofstad Washington geleë is)
D.Ch.D.
(ook
DChD) Doctor Chirurgiae Dentium
D.C.L.
(ook DCL) Doctor Civilis Legis
D.Com.
(ook
DCom)
Doctor Commercii
D.Compt.
(ook
DCompt)
Doctor
Computationis
D.Cur.
(ook
DCur)
Doctor
Curationis
d.d.
dae na datum; de
dato
(gedateer of daterende van)
D.D.
(ook
DD)
Doctor Divinitatis
D.Diac.
(ook
DDiac)
Doctor
Diaconiologiae
DDT
dichloordifenieltrichlooretaan (insektegif)
De.
Denemarke; Deens; Deense
DEAFSA
(ook Deafsa) The Deaf Federation of South Africa (Die
Federasie vir Dowes van Suid-Afrika)
D.Econ.
(ook
DEcon)
Doctor
Economiae
D.Ed.
(ook
DEd)
Doctor Educationis
deelsgen.
deelsgenitief
def.
definisie
dekl.
deklinasie
del.
deleatur (skrap); delineavit
(het
dit geteken)
delw.
delwery
dem.
demokraties, demokratiese; demonstratief,
demonstratiewe
Dem.
Demokraat; Demokraties, Demokratiese
demob.
demobilisasie
dep.
deposito; depot
dept.
departement;
departementeel, departementele
des.
deser
Des.
Desember
Deut.
Deuteronomium
(boek in die Bybel)
dg
desigram
Dg
dekagram
DG
Dei gratia (deur Gods genade) ; Deo gratias (God sy
dank);
distriksgeneesheer
DG
(ook
dir.genl.) direkteur-generaal
dgl.
dergelike
DH
departementshoof
di.
domini (dominees)
d.i.
dit is
Di.
Dinsdag
dial.
dialekties,
dialektiese
diam.
diameter
dierk.
dierkunde;
dierkundig, dierkundige
dies.
dieselfde
dift.
diftong
(tweeklank, twee ineenvloeiende vokale binne een sillabe, soos ei of
ui)
digk.
digkuns
dim.
diminuendo (afnemend in sterkte, in musiek); diminutief,
diminutiewe
D.Ing.
(ook
DIng) Doctor Ingeneriae
dipl.
diploma
Dipl.Teol.
Diploma
in Teologie
dir.
direkteur; dirigent
dir.genl.
(ook
DG) direkteur-generaal
disk.
diskonto;
diskoteek
diss.
dissertasie
dist.
distrik
div.
dividend;
divisie;
diverse
DK
detensiekwartier; detensiekaserne
DKKWT
Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie
D.K.O.
Diploma vir Kerkorreliste; Diploma in Kleuteropvoeding
dℓ
desiliter
dl.
deel
Dl.
Duitsland
D.Litt.
(ook
DLitt) Doctor Litterarum
D.Litt.
et Phil. (ook
DLitt
et Phil) Doctor
Litterarum et
Philosophiae
dm
desimeter
dm.
duim (meeteenheid)
d/m
(ook DPM) dele per miljoen
D.M.
Doctor
Medicinae
D.Med.Vet.
Doctor
Medicinae
Veterinariae
D.Mil.
Doctor
Militaris
D.Mus.
Doctor
Musicae
d.m.v.
deur middel van
dnr.
dienaar
DNS
deoksiribonukleïensuur
(die nukleïensuur wat die suiker deoksiribose bevat, wat die stof
vorm waaruit chromosome en gene bestaan, Engels DNA)
do.
ditto
Do.
Donderdag
DO
direkteur
van onderwys; dataoorsending
dok.
dokument
dom.
domisilie (vaste woonplek)
dos.
dosyn
DP
dienspligtige
DPA
Deutsche
Presse-Agentur
(persagentskap
wat in Duitsland gesetel is)
D.P.A.
(ook
DPA) Doktor in Publieke Administrasie
D.Pharm.
(ook
DPharm)
Doctor
Pharmaciae
D.Phil.
(ook
DPhil)
Doctor
Philosophiae
D.P.L.
(ook
DPL) Doktor in Personeelleiding
DPM
(ook
d/m) dele per miljoen
dr.
dokter;
doktor;
debiteur;
druk; dragma, dragme
dr.
(ook d.) deur
dra.
doctoranda; doktoranda
drieh.
driehoeksmeting;
driehoeksmeetkundig, driehoeksmeetkundige
DRK
Demokratiese Republiek
van die Kongo (vroeër Zaïre)
Dr.Med.
Doctor
Medicinae
Dr.Rer.Nat.
(ook
DrRerNat)
Doctor
Rerum Naturalium
Dr.Rer.Pol.
(ook
DrRerPol)
Doctor
Rerum Politicarum
drs.
dokters; doktors; doctorandus; doktorandus
ds.
dominus
(dominee)
d.s.
dae na sig
DS
depositosertifikaat
D.Sc.
(ook
DSc)
Doctor
Scientiae
D.Sc.Agric.
(ook
DScAgric)
Doctor
Scientiae
Agriculturae
D.Soc.Sc.
(ook
DSocSc)
Doctor
Societatis Scientiae
dt.
debiet; debiteer
d.t.
(ook DT) delirium tremens (waansin weens oormatige
gebruik van alkohol, platweg horries genoem)
D.Th.
(ook
DTh of D.Theol. of DTheol) Doctor Theologiae
DTP
Desktop
Publishing (die
uitgee van boeke of ander publikasies met behulp van ’n rekenaar op
’n lessenaar, sonder dat ’n groot kantoor daarvoor nodig is)
DTP
(ook KTP) draadlosetoegangsprotokol, koordlosetoegangsprotokol
dubb.mh.
dubbele
motorhuis
DUO
Doeane-unie-ooreenkoms
dupl.
duplikaat
dv.
dataverwerking
d.v.
doeane verwittig
DV
Deo
volente
(so die Here wil); dekkingsvuur
DVD
Dekorasie
vir Voortreflike Diens
D.V.Sc.
(ook
DVSc)
Doctor
Veterinariae Scientiae
dw.
deelwoord; dienswillig,
dienswillige
dw.dnr.
dienswillige
dienaar
d.w.s.
dit wil sê
dwt
pennyweight
(gewigseenheid, een twintigste van ’n ons)
Dy
simbool
vir disprosium (element)
Klik
op skakel om voort te beweeg na die afdeling van jou keuse: